Altyd Tuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Altyd Tuis bied selfsorg-eenhede en is aan die Weskus geleë, omtrent 8 km van Lambertsbaai af. Dit spog met 'n rustige plaas-atmosfeer en asemrowende uitsigte oor die natuurlike omgewing en is net oorkant The Dunes geleë wat hope 4x4-pret voorsien.

Daar is 9 eenhede wat volledig gemeubileer is: 'n woonstel, 3 tweeslaapkamerhuisies, 1 drieskaapkamerhuis en 4 eenslaapkamer-eenhede. Elke eenheid is identies versier, netjies en gerieflik om 'n goeie selfsorgwegbreek te verseker. Die sitkamer is volledig gemeubileer en het 'n TV met DStv (Gesinspakket). Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n induksiestoofplaat in.

Elke huis het sy eie buitebraaigeriewe met die mooiste uitsig oor die swembad en natuurlike besienswaardighede. Daar is ook 'n gemeenskaplike waskamer op die perseel met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Altyd Tuis is perfek vir paartjies, vriende of gesinne wat net 'n bietjie wil wegbreek en tyd saam wil deurbring in ’n rustige omgewing.

Ons bied ook 'n skoonmaakdiens van Maandae tot Saterdae teen addisionele koste. Dit moet 'n dag vooraf gereël word.

Lambertsbaai is bekend vir die opelug-restaurant, Muisbosskerm, en die voëleiland waar witmalgasse broei net 'n kort entjie se ry van hier af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Altyd Tuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false