Ama Amanzi Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ama Amanzi Bush Lodge bied aan gaste 'n wonderlike boswegbreek in die lieflike Waterberg Biosfeer, 'n UNESCO-erfenisgebied in die Limpopo-provinsie, minder as 3 ure se ry vanaf Johannesburg. Gaste kan oornag, vir 'n naweek-wegbreek of vir 'n paar weke kom kuier. Ons bied 'n persoonlike en afgesonderde ervaring in die middel van die ongerepte, bosveld wat malariavry is.

Ama Amanzi het 3 tipes verblyf om van te kies: Die Plaashuis, vir 'n eko-ervaring, die 2 gerieflike African rietdak lodges of die Safari-tent met sy privaat, semi-opelug badkamer.

Die hooflodge het 'n paar oop en beskutte terrasse en 'n leefarea met 'n dubbelkaggel en gemaklike rusbanke.

Gaste kan kies of hulle Ama Amanzi se beroemde driegangmaaltye by die tafel met 'n uitsig oor die vuurplek of oor die dammetjie wil geniet. Spesiale aandetes onder die sterrehemel kan gereël word. 'n Egte Suid-Afrikaanse braai kan ook gereël word in die middel van die bos, mits die weer dit toelaat. Die bos word omskep in 'n opelug-restaurant met romantiese olielampe. Die aandetes kan met plaaslike wyn en Afrika-drankies geniet word.

Gaste kan in die natuurlike poeletjie swem, in die sitareas ontspan of die voëls vanuit die kontoerpoel bekyk. Daar is baie terrasse rondom die poeletjie met sitplek in die son en die skaduwee.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ama Amanzi Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 898 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za