Ambleside on Pringle Bay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ambleside on Pringle Bay bied selfsorg- en oornagverblyf in die lieflike kusdorpie genaamd Pringlebaai, net 90 minute se ry van Kaapstad af, ideaal vir Kapenaars wat smag na 'n naweekwegbreek. Verlustig jouself in die strand, besoek die plaaslike restaurante of geniet net 'n soete nagrus en 'n uitsig op die son wat pragtig oor die heuwel opkom die volgende oggend.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer-vakansiewoonstel genaamd die Protea Woonstel en 'n dubbelkamer genaamd die Lavender Kamer met 'n en suite-badkamer.

Protea is toegerus vir selfsorg en het 'n oopplan-kombuisie, sitkamer, eetkamer en 'n houtdek met luisterryke uitsigte oor die berge en die see.

Die Lavender-kamer is 'n dubbel ensuite-kamer op die grondvloer en is as slegs 'n kamer beskikbaar. Dit is toegerus met 'n bed, klerekas, 2 stoele, 'n yskassie, broodrooster, ketel, en koffie- en teemaakgeriewe, en 'n en suite-badkamer.

Ambleside on Pringle sien daarna uit om lang- en korttermynbesoekers te verwelkom.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ambleside On Pringle Bay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false