Amelia's by the Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 2 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Amelia's by the Sea bied luukse 4 ster-selfsorgverblyf B&B in die hartjie van die pragtige Tuinroete. Die lodge is ideaal geleë tussen George en Mosselbaai en net 10 minute se ry van George Lughawe af. Amelia's by the Sea bied ruimte en gerieflike verblyf vir gesinne, wittebroodpaartjies en sakereisigers.

Die gaste-lodge kyk uit oor 'n pragtige tuin met 'n ononderbroke 180º-uitsig oor die see. Pak wyn en 'n piekniekmandjie in en hou die sonsondergang dop terwyl jy al langs die pragtige wit sandstrand stap. Bou sandkastele saam met die kinders, gaan vang vis, hou die dolfyne in die branders dop en hou een oog oop vir die walvisse gedurende die migreerseisoen.

Verblyf word in The Sailor’s Suite met slaapplek vir 4 gaste en in The Captain’s Suite met slaapplek vir 2 gaste aangebied. Albei suites het en suite-badkamers en gratis WiFi is beskikbaar. Die eenhede kan saam aan 6 verhuur word. Kinders onder 7 jaar word ongelukkig nie toegelaat nie.

The Sailor's Suite het 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, gaskoker, oond en skottelgoedwasser, sowel as 'n sitkamer met 'n TV met volledige DStv, 'n DVD-speler, bordspeletjies en boeke. Die suite kyk uit oor die mooi tuin met 'n see-uitsig en 'n groot stoep met 'n ingeboude braai. 'n Komplimentêre tee- en koffieskinkbord met vars tuisgebakte koekies word voorsien.

The Captain’s Suite het 'n privaat ingang en 'n stoepie wat oor die tuin uitkyk met 'n fantastiese uitsig oor die Indiese Oseaan. Daar is 'n klein sitarea met komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, tuisgebakte koekies, yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n TV met volledige DStv en 'n privaat ingang na sy eie stoep. The Captain's Suite is ideaal vir wittebroodpaartjies, sakereisigers en paartjies. Let wel dat hierdie suite nie 'n volledige kombuis het om maaltye voor te berei nie.

Braaigeriewe en veilige oornagparkeerplek word voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Amelia's By The Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R680 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af. Geldig vanaf 2 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false