AmHang
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wagenpadspruit Plaas, RM25, Rustenburg-weg, R24, Magaliesburg, 0346, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
AmHang is teen die hange van die Magaliesberge geleë en bied gemaklike verblyf en 'n warm plaaservaring vir diegene wat op soek is na stilte, rus en vrede. Dit is 100 km wes van Johannesburg en bied die geleentheid om die natuurlike, unieke bosveld-omgewing te verken.
Verblyf word gebied in 3 gemaklik ingerigte kothuise en 'n gesinswoning wat in 'n klipperige, ongekunstelde tuin geleë is. Die kothuise het elkeen slaapplek vir 2 - 3 gaste en die huis het slaapplek vir 7 gaste. Gaste kan in die swembadjie of by die braai ontspan, die koue bergbriesie geniet en na die natuur se unieke klanke, soos die geblaf van die bobbejane en die laataand gehuil van die jakkalse, luister.
Verken die area se ryk insek- en voëllewe, besoek die tuiste van die koedoe, vlakvark en 'n verskeidenheid klein bokspesies, geniet die asemrowende uitsigte soos jy oor die heuwels wandel, verdwyn in die skadu van die inheemse woud, of stap deur die kloof tot op die plato. Maar onthou: hier betree jy die luiperd se jagterrein, so verseker dat jy slegs op groepwandelings gaan.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Wagenpadspruit Plaas, RM25, Rustenburg-weg, R24, Magaliesburg, 0346, Noordwes
- Gaste dink AmHang het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rustenburg Noordwes
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wagenpadspruit Plaas, RM25, Rustenburg-weg, R24, Magaliesburg, 0346, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom