Anchorage South Coast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anchorage South Coast is in 'n stil spogwoonbuurt op Margate se heuwel geleë en is naby talle goeie strande. Die knortjorre en die Spar is net 'n paar minute se ry van Anchorage South Coast af en doendinge in die omgewing sluit skubaduik, snorkelduik, visvang, branderplankry, bootvaarte, abseil, die Wild Coast Casino, Wild Waves en winkelsentrums in.

Anchorage South Coast het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n baie ruim hoofhuis (met slaapplek vir 10 volwassenes en 2 kinders) en lieflike een-, twee-, drie- en vierslaapkamerkothuise op dieselfde perseel. Die meeste van hulle het privaat, binnehof-tuine en hul eie braai-area.

Die eiendom is beveilig en het 'n elektriese heining, gewapende reaksie en oorgenoeg onderdakparkeerplek. Daar is ook 'n swembad, kinderswembad, klimraam en 'n konynhok vir die kinders.

Elke eenheid het 'n platskerm-TV met 'n OpenView HD-dekodeerder. Daar is ook 'n satellietverbinding as gaste hul DStv-dekodeerder, -kaart, -afstandbeheer en -kabels vir wil saambring. Die stelsel is egter nie geskik vir Explora-dekodeerders nie. 'n Gratis DVD-speler met sekere flieks is op versoek beskikbaar. Alternatiewelik kan DStv teen 'n daaglikse tarief wat ooreenstem met MultiChoice s'n, gebruik word.

Daar is verskeie strande, strandmere en restaurante om te besoek en dis ook net 'n paar minute se ry van Margate se lughawe af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anchorage South Coast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R610 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false