Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ancient Emperor Guest Estate

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Postma Straat, , Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ancient Emperor Guest Estate is 'n landgoed met 'n Romeinse tema in Potchefstroom. Dit is op die N12 Treasure Route geleë en gebou op die oewer van die Mooirivier. Dit is netjies weggesteek van die rep en roer van die klein stad. Ons is 'n uitstekende keuse vir sakereisigers en vakansiegangers en nooi jou uit om ons toevlugsoord van kalmte en informele elegansie te kom ervaar. Hier sal jy ons kenmerkende atmosfeer beleef: elegant, bekoorlik en nie meer aldag te vinde nie. Hartlike gasvryheid, uitstekende gemak en entoesiastiese en professionele diens wag op jou.

Verblyf word aangebied in 5 pragtig ingerigte kamers. Al die kamers het volledige lugversorging, bied privaat toegang, 'n TV met M-Net en sekere DStv-kanale, 'n yskassie met peuselhappies en drankies en tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe in die kamer sluit in: 'n haardroër, wit katoen japonne en pantoffels, 'n radiowekker en 'n kluis. Geniet die pragtige uitsig vanuit jou venster. Word wakker met die getjilp van voëltjies of stap die paar meter na die rivier om te hoor hoe dit borrel en bruis soos die afwaarts vloei.

Ons bied 'n volledige Engelse en Kontinentale ontbyt asook internet-, faks- en kopieër-geriewe. Veilige parkeerplek is op jou drumpel beskikbaar en daar is ook 'n skitterende plonspoel vir jou genot.

Besienswaardighede en geriewe in die nabyheid sluit in: die Mediclinic en Mooimed-Hospitaal, die Potchefstroom Buiteklub, die bekende OPM Prozesky Voël-bewarea en die nuutste Wêrelderfenisgebied: die Vredefortkoepel. Daar is ook baie gewilde wild-lodges in die omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Ancient Emperor Guest Estate
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • 21 Postma Straat, , Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Ancient Emperor Guest Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Postma Straat, , Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJfjTkeEWLk9P3gBN407UMRVL8trDffpHYbMCWyog48UqBgfk8D?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 21 Postma Street Lake Resort Area 2531 Noordwes 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -26.676025 27.099524