LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Angels Haven Guesthouse | LekkeSlaap
+34

Angels Haven Guesthouse

58 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 97 Castelyn Rylaan, , Bloemfontein, 9317 , Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Angels Haven is in Fichardpark in Bloemfontein en is naby groot winkelsentrums, mediese-sentrums en sportstadions geleë. Fichardpark is 'n stil, veilige en luukse woonbuurt in Bloemfontein. Angels Haven spog met asemrowende tuin-uitsigte vanuit al die kamers en het 'n helder swembad. Daar is ook heelwat inheemse voëllewe in die tuin.

Die gastehuis beskik oor 5 kamers wat elkeen 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Al die kamers het lugversorging, 'n strykyster en -plank, yskassie, en 'n TV met M-Net. Linne, toiletware, komplimentêre mineraalwater en koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar. 'n Kontinentale ontbyt, middagete en aandete word op versoek bedien. Daar word voorsiening gemaak vir vegetariërs, diabete en gaste wat Halaal eet of allergies is vir laktose.

Ontspanningsgeriewe sluit braaigeriewe, 'n swembad, satelliet-TV en 'n lowerryke tuin in. Sekuriteitswagte is snags aan diens en veilige parkeerplek met afstandbeheerde toegang is beskikbaar.

Faksmasjiene, konferensiegeriewe met plek vir 25 gaste, 'n witbord, rekenaars met internet, TV en video, DVD, 'n fotostaatmasjien, oorhoofse-projektor en 'n proxima is beskikbaar vir sakereisigers en konferensies.

Algemene geriewe sluit 'n skoonheidsalon, 'n dagsorg vir babas, wasgoedgeriewe, bababedjies en 'n kluis in. Angels Haven is 'n gay-vriendelike en troeteldiervriendelike gastehuis, en al die kamers is ook rolstoelvriendelik.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 58 resensies vir Angels Haven Guesthouse
Netheid
3.6/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • 97 Castelyn Rylaan, , Bloemfontein, 9317 , Vrystaat
  • Gaste dink Angels Haven Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 97 Castelyn Rylaan, , Bloemfontein, 9317 , Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAs1VmDc7SiNMawHkXh7fACqB0gyi1FEnXWcdgxWmTVp9tquENDp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (plek vir 4) 58 5 1 4 97 Castelyn Drive Fichardtpark 9317 Vrystaat 086 999 0018 12:00-23:00 10:00 -29.14551 26.17927
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!