Angels Rest
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2024 tot 31 Mei 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R500R450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Angels Rest het 'n selfsorgwoonstel, -houthuisie en -boektiekkamer op die eienaar se perseel in Blue Horizon Bay in Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en buite die stadsgedruis.
Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea in die woonstel het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank wat ideaal is vir 2 klein kinders. 'n Enkelkampbedjie met 'n matras en 'n bababedjie met 'n matras kan voorsien word.
Die houthuisie se slaaparea het 'n koningingrootte-bed. Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet wat van die kombuisie af lei wat toegerus is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolfoond en ingeboude kaste met 'n paar kooktoebehore.
Die eenhede het ook 'n TV met die volle DStv-pakket en braaigeriewe. Die boetiekkamer het 'n koningingrootte-bed. Die TV in die slaaparea het Netflix en Showmax.
Parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 2 voertuie per eenheid en Angels Rest is stapafstand van die strand en net 45 km van die middestad af.
Let wel dat die hut nie 'n see-uitsig het nie. Die woonstel en boetiekkamer het 'n see-uitsig vanaf die braai-area.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Ansie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 83
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
- Gaste dink Angels Rest het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Blue Horizon Bay Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Delphinium-straat 20, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6002, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom