Ant's Hill Ballito - Close to the Sea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ant's Hill Ballito - Close to the Sea is 'n selfsorg-eenheid in 'n losstaande huis met 'n privaat ingang. Die oprit word wel met die eienaars gedeel. 'n Gesin van 3 woon op die boonste verdieping en gaste kan die onderste verdieping kan bespreek. Hierdie dubbelverdiepinghuis is in 'n stil straat net 'n entjie vanaf die strand. Daar is wel 'n steil opdraande na die huis.

Die verblyf is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders of 2 volwassenes en 2 of meer kinders.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed met slaapplek vir 2. Die tweede badkamer het ook 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die ruim leef- en eetarea het 'n plafonwaaier, TV met DStv, boeke, bordspeletjies en kaarte. WiFi is beskikbaar.

Die perseel het 'n lieflike tuin met 'n swembad, klimraam en braai-area by die swembadarea wat die meeste van die tyd slegs deur gaste gebruik word. 'n Weber word voorsien indien gaste buite die woonstel wil braai.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir een voertuig. Indien gaste ekstra parkeerplek benodig moet dit asb. vooraf versoek word sodat 'n plan gemaak kan word. Gaste wat hulle troeteldiere wil saambring, moet dit asseblief vooraf reël.

Jou hulpvaardige gashere sal jou verwelkom en seker maak jy is gemaklik. Hulle kan ook help met inligting oor die area. Ballito het baie om te bied.

Slaapplek

'n Bespreking by Ant's Hill Ballito - Close to the Sea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ant's Hill Ballito - Close To The Sea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false