Appin Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Appin Cottage is 'n bekoorlike grasdak-kothuis in 'n rustige tuin omring deur Jakarandas, palmbome, blomme en voëls. Die opgeknapte tuinkothuis is op 'n residensiële erf in die gesogte woonbuurt Cowies Hill. Die perseel word gedeel met 'n koloniale-styl huis wat apart bespreek kan word of tesame met die kothuis.

Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n kombuisie. Die kombuisie is toegerus met basiese selfsorggeriewe met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, yskassie, en 'n mirkogolfoond. Gaste het toegang tot braaigeriewe. Gratis WiFi en volledige DStv is beskikbaar.

Daar is 'n omheinde swembad, swaai en 'n trampolien wat gaste op eie risiko mag gebruik. Die skoonmaakpersoneel woon in buitegeboue op die perseel. Ntokozo sal gaste verwelkom en Teresa is verantwoordelik vir skoonmaak, wasgoed en ontbyt. Ntokozo is die opsigter en sekuriteitswag en is 24-uur beskikbaar.

Appin Cottage is op die bokant van 'n heuwel en geniet gereeld 'n koel bries. Die eiendom is 17,5 km vanaf Durban se strandfront en 40,8 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe. Die eiendom bied maklike toegang tot die N3- en M13-hoofweë na Durban, die Noordkus of die Middellande. Die ligging bied ook toegang tot winkelsentrums, restaurante, koffiewinkels, hospitale en skole. 'n Gesogte restaurant, Summer Hill, is 1 km vanaf die eiendom.

Slaapplek

'n Bespreking by Appin Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
2 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Appin Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za