Apple Tree Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Apple Tree Guest House is sentraal geleë in Stellenbosch naby Kaapstad. Dit bied luukse akkommodasie wat ontwerp is met die plaaslike Mediterreense klimaat in gedagte wat dit 'n gesellige B&B-bestemming vir toeriste en sakereisigers maak.

Daar is 3 standaard-dubbelkamers, 3 standaard 2-enkelbedkamers en 2 luukse kamers. Al die kamers het en suite-badkamers, lugversorging, TV's met sekere DStv-kanale, yskassies en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

'n Dubbel-houtvuurkaggel verdeel die ruim eetarea en sitarea en skep die ideale ruimte vir die winter-maande. Die sitarea het 'n LCD-televisie en gemaklike sitplek. Die eetarea het 'n ingeboude gas/hout-braai wat ideaal is vir 'n tradisionele Suid-Afrikaanse braai. Daar is 'n redelike groot soutwaterswembad met luukse stoepmeubels en sambrele. 'n Wasgoeddiens is ook op versoek beskikbaar.

Die gashere, Noeline en Michael, is welbekend in die restaurant- en gasvryheidsindustrie, en is meer as 20 jaar eienaars en werksaam in die industrie. Hulle weet wat na 'n vol dag se reis vereis word, of dit as toeris of sakereisiger is. Noeline en Michael se passie vir die gasvryheidsbedryf het 'n lewenslange droom bewaarheid om 'n pragtige gastehuis in die geskiedkundige Stellenbosch te besit.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apple Tree Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprek[email protected]