Aquavit Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aquavit Guest House beskik oor al die kenmerke van 'n boetiekhotel, maar het steeds die hartlike gasvryheidvan 'n gastehuis. Dit is bo Bahia Formosa wat "pragtige baai" beteken. Aquavit het panoramiese uitsigte oor die strandmeer, Tsitsikamma, die Outeniekwaberge en Indiese Oseaan-strande in Plettenbergbaai.

Elk van die 5 rookvrye en suite-gastekamers is individueel versier in warm, aardse kleurskakerings van klip, room en wit, met persoonlike aandag aan detail. Die kontemporêre ontwerp lok 'n mengsel van see- en antiekware deur die gebruik van slegs natuurlike materiale. Die kamers is ruim en goed toegerus met koninggrootte-, koningingrootte- en 2-enkelbedverblyf. Almal bied uitsonderlike see- en berg-uitsigte.

Ons bied ook 'n luukse wittebrood-suite met 'n koninggrootte-hemelbed, groot bad met komplimentêre produkte, reuse klerekaste, kamerjasse, sjokolades en 'n vrugtestroop met aankoms. Die swembad is net 'n treetjie van die terras af.

Ons gaste kry 'n vol Engelse ontbyt op die terras met manjifieke uitsigte oor die berg, see en lug. Aandag aan detail is vir ons belangrik, en jou ontbyt sal dus so goed proe soos wat dit lyk, die perfekte manier om jou dag te begin!

Aquavit Guest House is net 'n paar minute van die bekoorlike Plettenbergbaai se middedorp af. Die ongerepte strand, uitstekende boetiekwinkels en spogrestaurante is van die verskeie redes waarom Plettenbergbaai 'n gunsteling is onder reisigers wat op soek is na 'n unieke vakansie.

Let asb. op: Aquavit Guest House maak nie voorsiening vir matrikulante nie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Deens

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aquavit Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]