Arendsnest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Arendsnest bied gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing teen 'n koppie in Springbok.

Verblyf word gebied in 4 eenhede. Visarend het slaapplek vir 2 gaste, terwyl Witkruisarend plek vir 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders) het. Elke eenheid het 'n privaat badkamer, asook 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, 'n yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe met beskuit. Soetdoring het 'n dubbelbed, 'n kombuisie met 'n bank en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Goue Arend het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n toegeruste kombuis en 'n slaapbank vir 2 kinders.

Arendsnest het ook 'n gemeenskaplike braaikamer. Braaipakke en hout is beskikbaar op versoek en teen ekstra koste. Ontbyt en aandete is ook beskikbaar op versoek en troeteldiere is welkom.

Gedurende die blommeseisoen is die hele koppie oortrek met pragtige veldblomme en gaste kan heerlik gaan stap en bergfietsry. Die Goegap Natuurreservaat met sy 4x4- en bergfietsroetes is net 11 km van hier af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Arendsnest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false