LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Arum Beach House | LekkeSlaap
+31

Arum Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumstraat 1, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 800 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Arum Beach House is 'n bekoorlike selfsorg-strandhuis in Kommetjie. Dié seekant-vakansiehuis is naby verskeie winkels, restaurante en ander besienswaardighede geleë.

Arum Beach House is smaakvol ingerig en het slaapplek vir 10 mense. Daar is 5 slaapkamers en 5 badkamers in dié dubbelverdiepinghuis. Die hoofslaapkamer op die onderste verdieping beskik oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Dié kamer bied toegang tot 'n dek met pragtige see-uitsigte. Die tweede kamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort.

Die derde slaapkamer is ook op die onderste verdieping en beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Die ruim vierde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort. Die vyfde kamer is 'n aparte kothuis wat ingerig is met 'n dubbelbed en 'n yskassie. Daar is ook 'n en suite-stort.

Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp. Die kombuis is volledig toegerus en daar is 'n aparte waskamer. Gratis WiFi word voorsien en 'n DStv-koppelpunt is in die leefarea beskikbaar. Die leefarea bied toegang tot 'n omheinde dek met asemrowende uitsigte. Die huis het ook 'n tuin wat afgekamp is, 'n swembad en 'n privaat paadjie wat toegang tot die strand bied.

Goed gemanierde honde word toegelaat, mits dit vooraf gereël word. Arum Beach House is stapafstand van die dorp, Slangkop-vuurtoring en Long Beach af.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Arumstraat 1, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R8 800
per nag (plek vir 10)
Vanaf R8 800
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arumstraat 1, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY0MjIyY2IyLTljNWQtNGFkZS1iMjg5LTE2OWRlYmMzNDMwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R8 800  per nag (plek vir 10) 1 Arum Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.13848 18.32269
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!