Ashley On Beach 1108 Penthouse Style
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R400 skoonmaakfooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg
Huisreëls
- Troeteldiere word nie toegelaat nie.
- Gebruik asb. die toegewese parkeerplek.
- Geraas (speletjies, musiek, harde gelag ens.) moet tot 'n minimum beperk word voor 09:00 en ná 22:00 om die bure te respekteer en kompleksreëls na te kom.
- Die blindings moet asb. versigtig hanteer word.
- Moet asb. nie klere of handdoeke op die vensterrelings wat na die see front hang nie.
- Verlaat asb. die braai-area in 'n goeie en skoon toestand.
- Alle persoonlike besittings word op eie risiko op die perseel gehou.
- Breekskade moet aangmeld word vir vervangingsdoeleindes.
- Alle geriewe word op eie risiko gebruik. Die eienaar of beheerliggaam aanvaar geen aanspreeklikheid of wetlike verantwoordelikheid hoegenaamd vir enige skade, verlies of beserings wat opgedoen word as gevolg van die gebruik van die geriewe of enige ander beserings of skade wat besoekers by hierdie vakansiewoonstel mag ly nie.
- Gebruik van dwelms of misbruik van alcohol in die woonstel sal onmiddellike uitsetting tot gevolg hê.
- Geen rook word in die hysbakke, gange of enige ander openbare area toegelaat nie; jy mag in die openbare braai-area rook.
- Alle vensters moet gesluit wees met uitklok.
- Die ruil van linne en handdoeke en algemen skoonmaakdienste mid-verblyf word op versoek verskaf teen 'n addisionele fooi.
- Vol vullissakke moet in die aangewese vullisarea op die grondvloer geplaas word.
- Indien jy een van die kompleks se trollies gebruik om jou tasse of kruideniersware te dra, stuur asb. die trollie terug na die aangewese areas.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 46, Welgelegen 1108, Strand, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang