Astove 6
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 31 Mrt 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R750R600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Astove 6 is 'n selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Beacon Rocks, oorkant die straat van die see af.
Die woonstel is op die tweede verdieping en bied toegang tot 'n balkon met 'n 180°-uitsig oor die see. Dit is klein maar gerieflik en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitarea.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gebruik 'n badkamer wat 'n bad-oor-stort en 'n toilet het. Daar is 2 enkelbedmatrasse indien gaste dit sou benodig. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan by die toonbank geniet word.
Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en bied toegang tot 'n balkon met meubels. Gaste moet asb. nie op die balkon braai nie.
Let asb. dat die woonstel via trappe bereik word en dat die kompleks nie 'n hysbak het nie. Parkeerplek is beskikbaar in 'n motorhuis en daar is ook ekstra onderdakparkeerplek.
Astove 6 is net 750 van Manabastrand en 900 m van Uvongo se strand af. Die area bied verskeie restaurante, koffiewinkels en ander winkels, asook doendinge soos duik, swem, branderplankry, hengel en gholfspeel. Gaste kan besienswaardighede soos die Margate Voëlpark besoek.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Astove 6 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Konrad-rylaan 2, Astove 6, Beacon Rocks, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom