At Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

At Rest is 'n bekoorlike houthut met selfsorgfasiliteite by Pirates Creek, naby 'n strand in die Wildernis Nasionale Park, in die hartjie van die Tuinroete. Dit is 'n gewilde vakansie- en wegbreekbestemming vir die hele gesin. At Rest is aan die oewer van die Touwrivier, het sy eie privaat parkeerplek by die ingang en bied asemrowende uitsigte op die berg. Die hut het 3 slaapkamers en is volledig toegerus vir gerieflike, vreedsame verblyf. Beddegoed en handdoeke word in al die kamers voorsien.

Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en is toegerus met 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n aparte aantrek-kamer / studeer-area en 'n en suite-badkamer met 'n bad-oor-stort, toilet en wasbak. Jy kan lekker op die bed lê en jouself verkyk aan die uitsig oor die rivier en die berge. Hierdie kamer lei na 'n houtdek vanwaar jy die Wildernis Nasionale Park se welige plantegroei kan waardeer.

Die tweede slaapkamer op die boonste vloer het 2 gerieflike enkelbeddens en die derde slaapkamer is op die onderste vloer en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.

'n Bababed word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei en breekware vir 6 persone, kookgerei, 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en oond/stoof. Die kombuis, leef- en eet-area is op die grondvloer en is oopplan. Hierdie area is gemeubileer met 'n eetkamertafel met 6 stoele, 2 gerieflike dubbelrusbanke van leer en 2 addisionele stoele.

DStv (Premium-pakket) is ingesluit. Hierdie pakket bied toegang tot TV- en radiokanale so dit is nie nodig om jou eie slimkaart saam te bring nie. Die leefarea lei ook na 'n houtdek met 6 tuinstoele en 'n tafel. Ontspan lekker en geniet die rustigheid van die Touwrivier, al die interessante voëls en die luisterryke uitsig op die berg. Geniet die pragtige sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand op jou eie privaat dek hoog bo die water.

Daar is 'n braaiplek tussen die hut en die rivier en baie gras waarop die kinders kan speel. Die addisionele parkeerplek langs die hut word gedeel met dagbesoekers.

Die eienaars se tweesitplek-kajak is tot gaste se beskikking (dit is gratis).

At Rest is 'n lid van Guest House Accommodation South Africa.

Let asb. op die minimumverblyftydperk van 2 tot 7 nagte, afhangende van die tyd van die jaar. 'n Maksimum 6 gaste kan hier oorbly. Kampeer is verbode. Rook asb. buite die huis. Jou troeteldiere moet ongelukkig maar by die huis bly. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.

Slaapplek

'n Bespreking by At Rest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na At Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 390 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za