At the Zoo Guest House
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 83 Kilkenny Pad, Parkview, 2193, Gauteng
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Dié gastehuis is in 'n sentrale, rustige deel van Johannesburg geleë en bied gerieflike toegang tot die hoofweë. Parkview is deel van die Rosebank-omgewing en die dieretuin, Orient Express Westcliff Hotel en Parkview Gholfbaan is net om die draai. Jakarandabome versier die strate en duisende voëltjies kwetter tussen die takke.
Ons bied puik en suite-kamers en 'n selfsorgkothuis, en parkeerplek is beskikbaar op die gronde.
Die hoofhuis:
Al die en suite-kamers is individueel versier en gemeubileer met koninggrootte-beddens of enkelbeddens. Elke kamer het 'n sitarea en 'n werkruimte, en is toegerus met 'n platskerm-TV, verwarmer, waaier, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, kluis, en koordlose internet. En elke badkamer is toegerus met 'n stort, ondervloerse verhitting, verhitte handdoekrelings, haardroër en japonne.
Die kothuis:
Die kothuis bestaan uit 2 onafhanklike eenhede wat elk toegerus is soos die kamers in die hoofhuis (koordlose internet is beskikbaar). Die Suite het 'n koningingrootte-bed, badkamer met hoekstort, ondervloerse verhitting, oopplan-sitkamer/-eetkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Die Studio het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met bad en stort, en 'n kombuisie. Beide eenhede het lugversorging, onafhanklike satelliet-dekodeerders en platskerm-TV's. Daar is ook wasgoedgeriewe en 'n ruimte waar klere opgehang kan word.
Verder het die kothuis sy eie inrypad, elektriese hek en elektriese heining. Elke eenheid het 'n buite-area met 'n tuintafel, stoele en braaigeriewe. Die kothuis kyk uit oor die omheinde swembad en bied direkte toegang tot die hoofhuis.
Selfsorgtariewe is beskikbaar vir 'n minimum-verblyftydperk van 1 week.
'n Kontinentale en 'n Engelse ontbyt word in die gaste-sitkamer bedien wat oopmaak op die terras en die swembad. En daar is selfs 'n kaggel vir die bibbermaande.
Parview Village het heelwat lieflike winkels en restaurante wat stapafstand van die gastehuis af is. Rosebank, Killarney, Melville, Greenside en Parkhurst se winkels en restaurante is ook net 'n entjie se ry van hier af.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- 83 Kilkenny Pad, Parkview, 2193, Gauteng
- Gaste dink At the Zoo Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Parkview Randburg Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 83 Kilkenny Pad, Parkview, 2193, Gauteng
- Geen kinders onder 12