Autumn Lane
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Autumn Lane is selfsorgverblyf op 'n werkende wynplaas in die Paarl. Dié puik verblyf is ideaal vir sakereisigers en toeriste wat die wynplase in die omgewing wil besoek.
Autumn Lane se knus dubbelkamer bestaan uit 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed met slaapplek vir twee, 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en 'n klein sitkamertjie met ’n ketel met koffie, tee, beskuit, yskas met vrieskas, mikrogolf en broodrooster.
Autumn Lane is 'n oopplan-eenheid met slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed. Dit het ook lugversorging. Die pragtige eenheid het beddegoed van Egiptiese katoen, 'n kombuisie met basiese selfsorggeriewe, 'n klein leefarea met gerieflike sitplek, 'n TV met DStv, en 'n privaat ingang. Die deure lei na 'n privaat binnehoffie met sitplek vir 2 en 'n klein braaiplek (bring eie hout/brikette).
Minie Farm Hoofhuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Altwee slaapkamers het koningingrootte-beddens en daar is 'n bad, stort, wasbak en toilet in die badkamer. Daar is ook 'n aparte gastebadkamer met 'n toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis met alles wat jy benodig vir selfsorg, 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n pooltafel, 'n TV met DStv, 'n kaggel, binnebraai en twee buitebraais (bring eie hout/brikette).
Daar is heelwat doendinge in die omgewing en gaste is welkom om af te koel in die swembad op die plaas. Let asb. daarop dat nét gaste wat in die hoofhuis slaap, toegang tot die swembad het. Pak gerus ook 'n piekniekmandjie en soek 'n lekker uitspanplekkie langs die dam op die plaas.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Autumn Lane het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom