Avemore at Jan Cats

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie pragtige selfsorg-woonstel is perfek geleë in die hartjie van die fantastiese dorpie Stellenbosch, net 28 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die ligging is ideaal vir besoekers wat die hartjie van die Wynlande wil verken. Jan Cats staan tussen van die oudste geboue in Stellenbosch.

Sodra jy die gebou via die pragtige houttrappe of hysbak betree, sal jy voel hoe die snoesige atmosfeer jou omvou en Stellenbosch se unieke bekoring voor jou opdoem. Jou Avemore Luxury Apartment is sorgvuldig en pragtig ontwerp en verdien elkeen van sy 4 sterre. Die groot muurhorlosie lyk dramaties en daar is 'n kapstok vir jou sambreel en reënjas wanneer die reënweer in die winter toesak.

Die 3 slaapkamers is pragtig versier en ontwerp om gerieflike verblyf te waarborg: gehalte beddens, sagte, gestoffeerde kopstukke, kraakvars, wit linne, elektriese komberse, lugversorging, horlosieradios, haardroërs, digitale kluise, wit handdoeke en japonne vir daardie koue oggende en badkamerbenodighede.

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Wynproe

Algemene geriewe

  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroeër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Kamergariewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers
  • Sitkamer
  • Kluis

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Vermaak

  • Boeke en Tydskrifte
  • Eksklusiewe DSTV
  • TV

Kaart

Meer oor die omgewing

Vanaf R600 per persoon

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za