LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Avemore Vredehof 1 | LekkeSlaap
+17

Avemore Vredehof 1

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kochstraat 24, Krigeville, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Avemore Vredehof 1 is privaat tweeslaapkamer-selfsorgwoonstel met 2 badkamers in 'n stil, veilige area in die hartjie van Stellenbosch. restaurante, museums, kunsgalerye en die internasionaal bekende Stellenbosch Universiteit is net 5 minute se stap ver.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 'n dubbelbed. Die ten volle toegeruste woonstel het lugversorging, satelliet-TV, gratis internet, pragtige dekor en uitstekende gehalte-meubels. Komplimentêre toiletware, gehalte-linne en -handdoeke word voorsien. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n Nespresso-masjien, skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër in. 'n Kluis, haardroër en elektriese komberse word voorsien.

Die woonstel het 'n klein, privaat voortuin met braaigeriewe en 'n klein hokkie vir voetslaan- of fietsry-toerusting. Daar is gratis parkeerplek vir 3 voertuie.

Die knus woonstel is perfek vir ouers wat hulle kinders by die universiteit besoek, ouers wat sport by Paul Roos Gimnasium en Coetzenburg-atletiekstadion kom kyk - dit is net 700 m van die woonstel af - of toeriste wat lank wil kuier. Die woonstel is perfek geleë vir besoekers wat die historiese dorp wil verken en al die nabygeleë besienswaardighede wil besoek. Markte, straatkafees, Quick Spar & Deli, Lanzerac Dagspa, Asara Wynlandgoed en die Jonkershoek Natuurreservaat is alles naby. Kaapstad Internasionale Lughawe is 28 km ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Avemore Vredehof 1 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Avemore Vredehof 1
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Kochstraat 24, Krigeville, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Avemore Vredehof 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kochstraat 24, Krigeville, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApFcPtvL7vtUmMqKzNaqwJVpxjZDBIuOBxbcnUsyQPRdmiwlY3t?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 24 Koch Street Krigeville 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.942773 18.858576
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!