LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Avemore Eikehof No 23 | LekkeSlaap
+18

Avemore Eikehof No 23

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Avemore Eikehof No 23 is 'n volledig toegeruste selfsorgwoonstel wat die ideale ligging in die geskiedkundige hartjie van Stellenbosch bied. Dié private woonstel bied aan gaste die geleentheid om die unieke karakter en rustige gevoel van Stellenbosch te ervaar. Dit is die ideale woonstel vir gaste wat op soek is na veilige blyplek wat stapafstand van al die restaurante en galerye is. Die eenheid is ook ideaal vir sakereisigers of ouers wat hul kinders op universiteit wil besoek.

Die binnekant van die woonstel is liefderik opgeknap en pragtig ingerig om aan gaste 'n ontspanne, gerieflike wegbreek te bied. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat oorgetrek is met vars, wit linne.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër-kombinasie vir gaste se gerief. Die woonstel het lugversorging en gratis WiFi. Gaste kan op die ruim, privaat balkon ontspan en kyk hoe verbygangers onder verby loop of 'n vuur aansteek in die Weber-braai. Gratis kelderparkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar en die gebou het 'n hysbak.

Avemore Eikehof No 23 is in die geskiedkundige kern van die dorp geleë en toprestaurante, bekoorlike straatkafees, luukse boetieks en kunsgalerye is almal net 'n stappie ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Avemore Eikehof No 23 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Avemore Eikehof No 23
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Kerkstraat 80, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Avemore Eikehof No 23 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 80, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYGOTSUjuWbYXjQP2NvFHppPmBw5XQLa5eY6yGnyeQ74fZxU3S4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 80 Church Street Stellenbosch Central 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.937777046091 18.86173904841
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!