LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+59
Selfsorg in Sederberg

Balie’sGat Accommodation



  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off the 303, Op-Die-Berg, 6836, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Balie’sGat Accommodation is op 'n plaas sowat 35 km vanaf die dorpie Op-die-Berg in die skilderagtige Koue Bokkeveld geleë en kan slegs met 'n hoëvryhoogtevoertuig bereik word.

Balie'sGat Accommodation bied gaste 2 selfsorg-houthutte, sowel as 2 luukse tente, wat ideaal is vir 'n ontspanne wegbreek.

Elke hut het 'n buitekombuisie wat toegerus is met 'n gasstoof, 'n klein gasyskas, asook eetgerei en breekware vir 4 gaste. Alhoewel daar 'n dubbelbed is, moet die derde en vierde gaste hul eie tent en beddegoed saambring. Die hutte het elkeen 'n klein grasperk, wat ideaal is vir 'n klein tentjie; slegs op aanvraag. Neem asseblief kennis dat hierdie verblyf buite die netwerk is.

Elke luukse tent het sy eie braai-area, vuurput, water, en skottelgoedwasbak met 'n plastiekbak en droograk. Privaat ablusiegeriewe met 'n spoeltoilet, warmwaterstort en sonpaneelligte is beskikbaar. Albei kombuise is toegerus met 'n stoof, oond en yskas.

'n Rivier met rotspoele is sowat 400 m van die houthutte af geleë, en gaste kan gaan stap, roetedraf en bergfietsry, want daar is baie paadjies en roetes om te neem, en skouspelagtige sterrekyk in die nag.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Fietsry
Visvang
Perdry
Bergfietsry
Swem
Staptoere
Wynproe

Kamers

Klipbokkie
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Alleenstaande Eenheid
  • Dubbelbed
  • Lees meer
1 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Dié eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en het slaapplek vir 2 volwassenes. Die gedeelde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die buitekombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, 'n klein gasyskas, eetgerei en breekware toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n klein grasperk en is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Stoep/Binnehof
Kombuis & eetkamer
Yskassie
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Let asb. dat daar 'n grondpad na die verblyf lei en dat dit net geskik is vir 'n voertuig met hoë grondvryhoogte. 4x4 voertuig is 'n vereiste as gaste enige soort waentjie of grondpad karavaan sleep.

Geen waentjies of grondpadkaravane word by die privaat tente Oupa Tienie en Oupa Carl toegelaat nie.

Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiende omstandighede kan verander.

Die verblyf het nie elektrisiteit of selfoonsopvangs nie. Daar is 'n klein sonkragstelsel wat die ligte aan sal hou en gaste in staat stel om hul selfone en kameras te laai. Elektroniese toestelle word nie toegelaat nie.

Dagbesoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

Vars brood en slaai is beskikbaar, maar moet minstens 10 dae vooraf bestel word.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

'n Pendeldiens vanaf die bopunt van die berg tot in die vallei is beskikbaar op die uitklokdatum teen 'n ekstra fooi indien daar vooraf gereël word. Hierdie diens is slegs beskikbaar vir gaste in die selfsorgeenhede en nie gaste wat kamp nie.

Gaste moet asb. al hulle vullis saam met hulle neem wanneer hulle uitklok. 'n Boete sal gehef word indien gaste vullis by die kampplek los.

Moet asb. nie kanse neem met jou voertuig, waentjie of karavaan op die pad nie. 'n Voorafbetaalde reddingsfooi word gehef.

Indien gaste langs die houthuisies Klipbokkie of Grysbokkie kampeer, word grondnette vereis.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Grysbokkie
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Alleenstaande Eenheid
  • Dubbelbed
  • Lees meer
1 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Dié eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en het slaapplek vir 2 gaste. Die gedeelde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die buitekombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, 'n klein gasyskas, eetgerei en breekware toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n klein grasperk en hierdie eenheid is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Stoep/Binnehof
Kombuis & eetkamer
Yskassie
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Let asb. dat daar 'n grondpad na die verblyf lei en dat dit net geskik is vir 'n voertuig met hoë grondvryhoogte. 4x4 voertuig is 'n vereiste as gaste enige soort waentjie of grondpad karavaan sleep.

Geen waentjies of grondpadkaravane word by die privaat tente Oupa Tienie en Oupa Carl toegelaat nie.

Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiende omstandighede kan verander.

Die verblyf het nie elektrisiteit of selfoonsopvangs nie. Daar is 'n klein sonkragstelsel wat die ligte aan sal hou en gaste in staat stel om hul selfone en kameras te laai. Elektroniese toestelle word nie toegelaat nie.

Dagbesoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

Vars brood en slaai is beskikbaar, maar moet minstens 10 dae vooraf bestel word.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

'n Pendeldiens vanaf die bopunt van die berg tot in die vallei is beskikbaar op die uitklokdatum teen 'n ekstra fooi indien daar vooraf gereël word. Hierdie diens is slegs beskikbaar vir gaste in die selfsorgeenhede en nie gaste wat kamp nie.

Gaste moet asb. al hulle vullis saam met hulle neem wanneer hulle uitklok. 'n Boete sal gehef word indien gaste vullis by die kampplek los.

Moet asb. nie kanse neem met jou voertuig, waentjie of karavaan op die pad nie. 'n Voorafbetaalde reddingsfooi word gehef.

Indien gaste langs die houthuisies Klipbokkie of Grysbokkie kampeer, word grondnette vereis.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Oupa Tienie
Vanaf
Vanaf R2 138
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 persone
  • 2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koningingrootte-bed
  • Lees meer
1 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Dié tent beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en beddens vir kinders. Dit het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie is met 'n gasstoof, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Hierdie tent is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het 'n klein grasperk met 'n vuurput.

Oorsig van kamer/eenheid
2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Prys sluit in

Selfsorg, vars brood, slaaie en nog meer kan vooraf (10dae voor aankoms) bestel word. Klein solar sisteem vir ligte en om mobile en kamera te laai. Geen elektriese toestelle word toegelaat nie.

Huisreëls

Let asb. dat daar 'n grondpad na die verblyf lei en dat dit net geskik is vir 'n voertuig met hoë grondvryhoogte. 4x4 voertuig is 'n vereiste as gaste enige soort waentjie of grondpad karavaan sleep.

Geen waentjies of grondpadkaravane word by die privaat tente Oupa Tienie en Oupa Carl toegelaat nie.

Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiende omstandighede kan verander.

Die verblyf het nie elektrisiteit of selfoonsopvangs nie. Daar is 'n klein sonkragstelsel wat die ligte aan sal hou en gaste in staat stel om hul selfone en kameras te laai. Elektroniese toestelle word nie toegelaat nie.

Dagbesoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

Vars brood en slaai is beskikbaar, maar moet minstens 10 dae vooraf bestel word.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

'n Pendeldiens vanaf die bopunt van die berg tot in die vallei is beskikbaar op die uitklokdatum teen 'n ekstra fooi indien daar vooraf gereël word. Hierdie diens is slegs beskikbaar vir gaste in die selfsorgeenhede en nie gaste wat kamp nie.

Gaste moet asb. al hulle vullis saam met hulle neem wanneer hulle uitklok. 'n Boete sal gehef word indien gaste vullis by die kampplek los.

Moet asb. nie kanse neem met jou voertuig, waentjie of karavaan op die pad nie. 'n Voorafbetaalde reddingsfooi word gehef.

Indien gaste langs die houthuisies Klipbokkie of Grysbokkie kampeer, word grondnette vereis.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Oupa Carl
Vanaf
Vanaf R2 610
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 persone
  • 2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koningingrootte-bed
  • Lees meer
1 Beskikbaar
Bespreek
Beskrywing

Dié tent beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 2 beddens vir kinders. Dit het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die gedeelde badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n aparte buitebad.

Die kombuisie is met 'n gasstoof, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Hierdie tent is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het 'n klein grasperk met 'n vuurput.

Oorsig van kamer/eenheid
1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Tariewe

Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Let asb. dat daar 'n grondpad na die verblyf lei en dat dit net geskik is vir 'n voertuig met hoë grondvryhoogte. 4x4 voertuig is 'n vereiste as gaste enige soort waentjie of grondpad karavaan sleep.

Geen waentjies of grondpadkaravane word by die privaat tente Oupa Tienie en Oupa Carl toegelaat nie.

Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiende omstandighede kan verander.

Die verblyf het nie elektrisiteit of selfoonsopvangs nie. Daar is 'n klein sonkragstelsel wat die ligte aan sal hou en gaste in staat stel om hul selfone en kameras te laai. Elektroniese toestelle word nie toegelaat nie.

Dagbesoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

Vars brood en slaai is beskikbaar, maar moet minstens 10 dae vooraf bestel word.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

'n Pendeldiens vanaf die bopunt van die berg tot in die vallei is beskikbaar op die uitklokdatum teen 'n ekstra fooi indien daar vooraf gereël word. Hierdie diens is slegs beskikbaar vir gaste in die selfsorgeenhede en nie gaste wat kamp nie.

Gaste moet asb. al hulle vullis saam met hulle neem wanneer hulle uitklok. 'n Boete sal gehef word indien gaste vullis by die kampplek los.

Moet asb. nie kanse neem met jou voertuig, waentjie of karavaan op die pad nie. 'n Voorafbetaalde reddingsfooi word gehef.

Indien gaste langs die houthuisies Klipbokkie of Grysbokkie kampeer, word grondnette vereis.

Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Clive A
Saam met lewensmaat
5.0
Will definitely be back again. Really great venue. Very relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2026
Vilora N
Saam met lewensmaat
5.0
A daring drive for a peaceful, nature-filled reset. If you’re looking for a total reset, this is it. While the mountain pass requires a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Chris P
5.0
Rustige stilte in die natuur. Rustige omgewing in pragtige natuurskoon.
Apr 2026
Elsie D
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige natuurskoon. Die omgewing en die berge is asemrowend!
Jan 2026
Karen D
Saam met lewensmaat
5.0
Don't hesitate to book this gem! We had the most incredible stay here this last weekend. Yvonne was so kind and helpful, and the tent w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

4.8/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Clive A
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2026

Will definitely be back again. Really great venue. Very relaxing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Vilora N
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

A daring drive for a peaceful, nature-filled reset. If you’re looking for a total reset, this is it. While the mountain pass requires a bit of nerve to navigate, the payoff is worth every second. Once you arrive, you’re greeted by a stunning landscape of silence and natural beauty. It was the perfect environment to unplug and recharge. Highly recommended for those looking to escape the noise and reconnect with the outdoors.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris P
Kort verblyf
5.0
Apr 2026

Rustige stilte in die natuur. Rustige omgewing in pragtige natuurskoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsie D
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2026

Pragtige natuurskoon. Die omgewing en die berge is asemrowend!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen D
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Don't hesitate to book this gem! We had the most incredible stay here this last weekend. Yvonne was so kind and helpful, and the tent we were in was clean, warm and comfortable. We cannot wait to return regularly!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adriaan P
Kort verblyf
4.8
Sep 2026

Unieke posisie, pragtig natuurlik. Wonderlike ligging, pragtige natuur, basiese maar netjiese en gerieflike verblyf. Die pas af in die vallei is uitdagend maar opwindend en 'n goeie ontdekking. Sal beslis terugkeer.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Raymond K
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2026

Will be back with friends. Amazing, death-defying but amazing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Luke T
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Beautiful place, really enjoyed our time there. It's a wonderful getaway.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christina V
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Asemrowend en opwindend! Mooiste berge! Asemrowend en opwindend! Rus en vrede in ongelooflike natuurskoon. Eenvoudig maar prakties met alles wat jy in die bos nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries B
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
4.8
Nov 2025

Hemel op aarde. Ja, ons het weereens lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Yvonne Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 84

Op LekkeSlaap 8 jaar


Ligging

Gaste dink Balie’sGat Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 23:00
Uitklok Voor 10:00
Klipbokkie
Selfsorg
Grysbokkie
Selfsorg
Oupa Tienie
Selfsorg, vars brood, slaaie en nog meer kan vooraf (10dae voor aankoms) bestel word.

Klein solar sisteem vir ligte en om mobile en kamera te laai. Geen elektriese toestelle word toegelaat nie.
Oupa Carl
Selfsorg

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1 000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Let asb. dat daar 'n grondpad na die verblyf lei en dat dit net geskik is vir 'n voertuig met hoë grondvryhoogte. 4x4 voertuig is 'n vereiste as gaste enige soort waentjie of grondpad karavaan sleep.

Geen waentjies of grondpadkaravane word by die privaat tente Oupa Tienie en Oupa Carl toegelaat nie.

Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiende omstandighede kan verander.

Die verblyf het nie elektrisiteit of selfoonsopvangs nie. Daar is 'n klein sonkragstelsel wat die ligte aan sal hou en gaste in staat stel om hul selfone en kameras te laai. Elektroniese toestelle word nie toegelaat nie.

Dagbesoekers word ongelukkig nie toegelaat nie.

Vars brood en slaai is beskikbaar, maar moet minstens 10 dae vooraf bestel word.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

'n Pendeldiens vanaf die bopunt van die berg tot in die vallei is beskikbaar op die uitklokdatum teen 'n ekstra fooi indien daar vooraf gereël word. Hierdie diens is slegs beskikbaar vir gaste in die selfsorgeenhede en nie gaste wat kamp nie.

Gaste moet asb. al hulle vullis saam met hulle neem wanneer hulle uitklok. 'n Boete sal gehef word indien gaste vullis by die kampplek los.

Moet asb. nie kanse neem met jou voertuig, waentjie of karavaan op die pad nie. 'n Voorafbetaalde reddingsfooi word gehef.

Indien gaste langs die houthuisies Klipbokkie of Grysbokkie kampeer, word grondnette vereis.

Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R1 250
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 250
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Off the 303, Op-Die-Berg, 6836, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7cc56601e989a0f4321f08b18f92dd5b45ca2887dd4d58d757019e05dc30d4b0f831efb69e2ea5d4909bc6c5537ed69c1420?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 75 5 1 5 Off the 303 Op-Die-Berg 6836 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.745837896427 19.291656911373
Soek in 'n groter streek