Bamboo, the Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

'n Hartlike verwelkoming wag op jou by Bamboo, the Guest House, 'n B&B-onderneming in die prentjiemooi Knysna. Ons verbind ons daaraan om seker te maak dat jou verblyf ontspannend, genotvol en absoluut onvergeetlik is.

Die gastehuis in 'n werklik luisterryke, tropiese tuin met twee skitterende soutwater-swembaddens geleë. Daar is 15 individueel gemeubileerde en suite-kamers, elk met 'n privaat terras of dek. Elke kamer het sy eie karakter en word bereik met 'n verhewe houtpaadjie wat sy pad deur ons magiese tuin vleg. Alle kamers word daagliks skoongemaak en het 'n platskerm-TV, kluisie, muurverwarmer/kaggel en tee- en koffiemaakgeriewe. Indien gaste ’n haardroër of IPod-koppelstasie benodig, kan hulle dit by ontvangs aanvra.

Wittebroodpare het 'n keuse van twee luukse opsies, 'n afgesonderde selfsorg-tuinkothuis met ’n privaat swembad of 'n suite bo in 'n boom met ’n klein kombuisie. Ons gesinskamers en suites maak voorsiening vir gesinne met kinders van alle ouderdomme.

Ontbyt word daagliks vanaf 08:00 tot 10:00 in die ontbytkamer bediens met ’n houtvuur-kaggel en die dek wat oor ons eie stukkie Knysna-woud in die somer uitkyk.

Granny Bamboo's snuisterywinkel, vol voorraad, huisves 'n versameling Afrika-kuns, -handwerk en -kunsvoorwerpe soos juwele, skilderye, mandjies, sneewerk, batikwerk, sleutelringe en ander siergoedere.

Jou gasvrou en gasheer, Jaynie en Gordon, en hul personeel is altyd bereid om hul kennis van Knysna en die omliggende omgewing te deel, aktiwiteite en uitstappies te reël en restaurantbesprekings te maak.

Ons is gerieflik binne kort ry-afstand vanaf die middedorp en die lekker Waterfront geleë, waar talle heerlike vreugdes om elke hoek wag as mens gaan inkopies doen of gaan uiteet. Bamboo is verder ook naby aan die bekende Knysna-koppe, Leisure Isle, Thesen-eiland en drie manjifieke gholfbane geleë.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bamboo, The Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za