Bo-Karoo Akkommodasie by Bankfontein | LekkeSlaap
+25

Bankfontein

8 resensies
Tentekamp

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Bankfontein
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5
Mieke V - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mieke V
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Heerlike, rustige wegbreek met al die nodige briewe!

Besoek gerus Bankfontein vir 'n rustige wegbreek! Die plaas grens aan die Vanderkloofdam. 1 km se stap vanaf die kamparea, dit voel soos private beach access. Al wat jy moet saamvat is jou kos en klere! Kombuisgeriewe, yskas, vrieskas, gas en en krag word voorsien. Baie netjies en veilig. Troeteldiervriendelik. Julle sal ons weer sien.

Bankfontein's terugvoer

Baie dankie . Ons is bly julle het fit geniet en ons sien jul graag were. Julle was wonderlikke gaste

Bankfontein
Hennie V - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfekte wegbreekplek om ordentlik rus te kry.

Uitstekende akkommodasie. Baie behulpsaam en vriendelike gasvrou, Valerie en die oom. Baie rustig en stil met al die basiese behoeftes gedek. Sal weer hier bly. Weg van alle gejaag en lawaai! Besonderse landskap.

Rita P - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rita P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik pragtig en rustig.

Baie lekker gekuier. Plek is netjies en skoon. Mense vriendelik.

Stephen W - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephen W
Gesin met klein kinders

Excellent value in a beautiful location serviced by friendly and helpful hosts.

We really enjoyed out stay at this magical place. Our hosts went out of their way to keep us happy. A bit off the beaten track, but exactly what we wanted. Loved it.

Bankfontein's terugvoer

It was lovely meeting you all and you were excellent guests. That is why we opened the campsite for the public. We enjoy sharing what we have.

Bankfontein
Elsabe M - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elsabe M
Gesin met tieners

Koud, tog slaap ons snoesig. Lieflike ligging en meer geriewe as wat ons benodig het.

Wonderlike gasvryheid, behulpsaamheid,bederf met 'n tuisgebakte kaiingbrood. Sal graag weer gaan.

Andre V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre V
Gesin met klein kinders

Absoluut wonderlik.

Dit was ver bo ons verwagtings, ons het baie lekker gekuier en gerus, die eienaars is die wonderlikste mense. Plek is asemrowend mooi.

Marlene M - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlene M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bankfontein is 'n moét!

Ons was die naweek vir die eerste keer by Plaas Bankfontein en dit was fantasties! Ons is met aankoms hartlik verwelkom deur Valerie wat ons na die kampterrein geneem en alles mooi verduidelik het. Dis werklik op 'n afgeleë deel van die plaas en die stilte was wonderlik! Buiten vir die asemrowende natuur is ons aangenaam verras gewees met die stort fasiliteite, jy moet 'n donkie stook vir warm water soos in die ou dae! Hulle het letterlik alles wat jy benodig, al wat ons moes saamneem was kos en handdoeke. En om nie te praat oor hoe netjies die terrein en tente was nie sal net verkeerd wees! Ons het rivierlangs gaan stap tot by Vanderkloofdam! Daar is 'n roete om per voertuig ook na die dam te gaan, maar ons wou die natuur beleef en het beslis! Die koppies is ook verkenbaar en ons het een van hulle geklim en werklik die mooiste uitsig gehad. Dis onmoontlik om die hele naweek hier te beskryf, maar as jy 'n 2x4 of 4x4 het en net wil wegbreek om te kamp is Plaas Bankfontein beslis die plek om te wees! Ek sal hul enige tyd vir enige kampliefhebber aanbeveel! Dankie weereens Valerie! Sien jul gou weer!

Bankfontein's terugvoer

Marlene. Baie baie dankie. Ek het geweet julle gaan wonderlikke gaste wees. Was 'n voorreg om julle te kon ontvang. Die kampplek was nog netjiese toe julle vertrek het. Dankie daarvoor. Ons sien uit om julle weer te sien. Groete, Valerie

Bankfontein
Amanda E - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amanda E
Saam met vriende

Baie lekker, gemaklik en mooi ingerigte kamp.

Ek sal beslis Bankfontein aanbeveel, vir vriende, paartjies en selfs groepe. Die tente is mooi en netjies binne met beddens en ligte in die tente. Daar is vrieskaste, yskaste, en 'n lekker braai-area. Die badkamers is netjies en skoon en dit is baie verfrissend om die natuurskoon te kan besigtig vanaf jou stort. Dit is baie privaat en veilig en die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam. Mens het regtig amper niks nodig om saam te vat nie, behalwe drink en eetgoed en lekker stapskoene as jy na die dam wil stap. Die gemeenskaplike kombuis is goed ingerig en daar is alles wat mens nodig het. Mens het egter 'n hoë vrywaring voertuig nodig om by die kamp uit te kom, maar mens kan ook alternatiewe reëlings met die eienaars tref om tot by die kamp self uit te kom vanaf die plaas. Ons sal enige tyd weer terugkeer.

Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R240
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 07:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Bankfontein Plaas, Philippolis, 9930, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2OWI1M2QzLTgwM2ItNGIxNC1iZmYyLWRmMTI2ZDEyOTI5ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R240  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 Farm Bankfontein Philippolis 9930 Vrystaat 086 999 0018 07:00-18:00 12:00 -30.080405555556 24.901886111111
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za