Battlefields Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Battlefields Guest House is 'n luukse gastehuis met 'n huislike atmosfeer vir sake- en ontspanningsreisigers wat die luisterryke dorpie Volksrust en sy omgewing wil besoek. Ervaar hartlike Suid-Afrikaanse gasvryheid. Ons voorsien stylvolle akkommodasie teen bekostigbare tariewe. Gerieflik geleë naby aan Volksrust se hoofstraat - oorkant die Laerskool en net 'n klipgooi van die ou Nederduits-Gereformeerde Kerk af. 'n Heerlike ontbyt, middagete en aandete is beskikbaar op versoek. Ruim slaapkamers met suiwer katoenlinne. (Al die kamers is nie-rook.) 10 Slaapkamers met DStv en 'n yskas. WiFi-area - internet beskikbaar sodat jy kontak met vriende, familie en kollegas kan hou. Konferensiefasiliteit.

Kamers: Ons gastehuis het 10 baie smaakvolle, onafhanklike, en suite-slaapkamers met hotelgehalte-beddens. Elke kamer het 'n en suite badkamer. Al die kamers lei direk na die tuinarea om privaatheid te verseker.

Ontbyt en etes: soggens word 'n heerlike Engelse ontbyt in ons lieflike, moderne ontbytkamer bedien. Ons berei ook aandete en middagetes op versoek voor.

Gastesitkamer en privaat kroegfasiliteite: 'n privaat sitkamer wat met leerbanke gemeubeleer is. Grootskerm-TV vir die belangrike wedstryde. Die "pub" is tussen 17:00 en 21:00 oop vir inwoners.
Lapa met braaigeriewe: is jy dalk lus om jou eie middag- of aandete voor te berei? Bestel 'n braaipak en maak gebruik van ons lieflike braaigeriewe.
Teetuin en buitetafels: ontspan buite en besigtig die lewe in 'n klein dorpie.
Konferensiegeriewe: Ons het goeg georganiseerde konferensiegeriewe vir tot 20 afgevaardigdes.
Wasgoedgeriewe: daaglikse wasgoeddiens - die pryslys is in al die kamers.
Sekuriteit: Alhoewel Volksrust se misdaadsyfer baie laag is maak ons seker dat ons gaste en hulle besittings te alle in veilige hande is. Veilige privaat parkering, elektriese heining, personeel 24-uur per dag teenwoordig en daar is 'n afstandbeheerde sekuriteitshek.

Volksrust is geleë in Mpumalanga gras- en vleilandstreek in die suid-ooste. Die pragtige en historiese dorpie Volksrust bied baie aan besoekers. Elke besoeker is gewaarborg om hierdie dorpie met onvergeetlike herinneringe te verlaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Battlefields Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false