Jacobsbaai Akkommodasie by Baviana Beach Lodge | LekkeSlaap
+33

Baviana Beach Lodge

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaantjie-draai 18, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R799 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Baviana Beach Lodge is 'n eksklusiewe wegbreekplek wat oor die seegroen waters van Jacobsbaai uitkyk. Die lodge is in die hartjie van die baai geleë en bied 'n kombinasie van selfsorg- en gastehuis-akkommodasie. Met die asemrowende uitsigte en 'n ligging aan seefront is dit moeilik om aan 'n beter plek te dink.

Alle woonstelle is stylvol gemeubileer met privaat ingange, braai-areas, verskeie DStv-kanale en parkering op die perseel. Ervaar ware Weskus-gasvryheid, gesonde en stewige ontbyte, asemrowende sonsondergange, veldblomme in seisoen en 'n wonderlike verskeidenheid van seekos.

Die gasheer van Baviana Beach Lodge is baie trots dat die meeste gaste wat Baviana Beach Lodge besoek, vir die tweede of derde keer terugkeer.

Die pragtige, outydse dorpie Jacobsbaai is geleë aan die Weskus, net af van die skilderagtige R27, en is ongeveer halfpad tussen Saldanha en Vredenburg. Dit is so 'n uur en 'n half se ry van Kaapstad af.

Jacobsbaai is 'n natuurliefhebber se paradys. Daar is 'n 2 km-lange strand met oulike baaitjies en fassinerende rotsformasies. Soos die geval is met die hele Weskus en Namakwaland, bars Jacobsbaai ook elke jaar in kleur uit elke lente gedurende die veldblomseisoen. Hierdie dorpie word dikwels "Namakwaland by die See" genoem en dit is maklik om te sien waarom. Die Weskus het 'n Mediterreense klimaat, wat beteken dat die somers lank, warm en droog is, terwyl die winters pragtig groen is. Dit is nie vir reisigers nodig om ver te soek na natuurlike besienswaardighede nie, want daar is 'n oorvloed flora en fauna in die area, insluitende kleinwild soos duikers en steenbokkies en 'n groot verskeidenheid voëllewe.

Jacobsbaai word al hoe meer gewild as naweek-wegbreekplek vir Kapenaars omdat dit naby die Moederstad geleë is. Alhoewel die hoofrede gewoonlik ontspanning is, is daar 'n verskeidenheid buitelug-doendinge wat besoekers sal vermaak. Bootvaart, visvang en duik is die hoof-doendinge en bergklim en wandel is ook gewild.

Jacobsbaai is goed geleë vir watersport-entoesiaste. Naby Saldanhabaai is 'n bekende seilplankryplek wat ook seiljag vanuit die hawe bied. Die Langebaan-strandmeer, wat naby is, is gewild vir waterski, jet-ski en valskermsweef. Jacobsbaai het wel nie sy eie gholfbaan nie, maar gholfspelers kan 'n potjie gholf by 3 bane in 'n radius van ongeveer 15 km gaan speel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir Baviana Beach Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Baviaantjie-draai 18, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Baviana Beach Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R799
per nag (plek vir 2)
Vanaf R799
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baviaantjie-draai 18, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAIYIA74CkbuTb5XAeKsSzWoJdHzjsk1gKFDcGCB0RPr8Ew0GzpS?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R799  per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 18 Baviaantjie Bend Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -32.974391478094 17.885718047619
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za