Bay View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bay View bied selfsorg-akkommodasie in die klein kusdorpie, Brenton-On-Sea, die verborge skat van Knysna. Bay View Guest Apartments is op 9 ha se natuurskoon en hoog teen 'n heuwel weggesteek. Die akkommodasie bied ongelooflike see-uitsigte en is naby die strand geleë.

Die akkommodasie word aangebied in 5 gerieflike selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 6 tot 16 gaste. Elke woonstel bied see-uitsigte, 'n stort en bad of net 'n stort, 'n oopplan-sitkamerarea met 'n TV, en 'n toegeruste kombuis met 'n oond en gasstoof, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. Haardroërs en verwarmers kan voorsien word, afhangend van Eskom se beskikbaarheid van elektrisiteit. Elke woonstel het ook toegang tot 'n buite-patio, braaigeriewe en parkeerplek. 4 van die woonstelle het toegang tot gratis WiFi.

Brenton-On-Sea bied 6 km se ongerepte strande en is 10 km van Knysna af. Die Knysna-strandmeer is naby en daar kan 'n mens lekker visvang, watersport, bootritte en kanovaart aanpak. Ander besienswaardighede sluit in die Knysna Koppe, Leisure Island en Featherbed Natuurreservaat waar daar staproetes is. Gewilde gholflandgoedere soos Simola, Sparrebosch en Pezule is minder as 30 minute se ry weg. Daguitstappies na die Kango-grotte en Cango Wildlife Ranch kan geniet word, sowel as ander plekke soos Birds of Eden, die Monkeyland Primate Sanctuary, die Tenikwa Wildlife Awareness and Rehabilitation Centre, en die Plettenbergbaai Wildreservaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bay View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za