Bazley Beach Holiday Home
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 21, Bazley Beach, Pennington, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 250 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Bazley Beach Holiday Home is 'n bekoorlike en afgesonderde strandhuis net 300 m vanaf die strand. Dit bied selfsorgverblyf aan 2 klein gesinne of groep vriende.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 smaakvolle slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea sowel as 'n kuierarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die en suite-badkamer het 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in laasgenoemde slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die aangrensende leefarea het gemaklike sitplek en lei na 'n eetarea. Die kuierarea het 'n kroeg, veerpyltjiebord en 'n TV met die volle DStv-pakket.
Die kuierarea lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n onbelemmerde see-uitsig. Daar is ook 'n lowerryke tuin met ingeboude braaigeriewe, 'n plonspoel en 'n speelarea vir kinders. Veilige parkeerplek is op die perseel en agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.
Slaapplek
’n Bespreking by Bazley Beach Holiday Home sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Tania Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Jaar gelys 4
Ligging
- Lagoon-rylaan 21, Bazley Beach, Pennington, 4220, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 21, Bazley Beach, Pennington, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom