B&B Bydieboschies
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mooiplaats Erf 261, Rayton, 1001, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 300R1 040 per nag (vir 5 persone)
Beskrywing
B&B Bydieboschies is op 'n kleinhoewe in die Rayton-omgewing geleë en dit bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n naweekwegbreek of vir sakereisigers wat in die omtrek werk. Let asb. daarop dat daar ’n grondpad van sowat 7 km na B&B Bydieboschies lei.
Die eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed daar kan 'n babakot bygesit word en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, koffie- en teemaakgeriewe, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is gemaklike sitplek in die sitkamer en gaste het toegang tot gratis WiFi in en rondom die eenheid. Gaste het toegang tot braaigeriewe op die stoep. Daar is ook veilige parkeerplek vir gaste. Daar is 1 vuurmaakplek in die tuin en 1 tafeltennistafel vir hope pret vir die hele gesin.
Troeteldiere is welkom en rook is streng verbode binne die woonstel. Die eenheid is op 'n werkende veeplaas en B&B Bydieboschies hou volgende diere aan: Beeste, varke, skape, hoenders en kalkoene.
B&B Bydieboschies kan nie gaste op Sondae inklok nie. Gaste kan wel uitklok.
Slaapplek
’n Bespreking by B&B Bydieboschies sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Mooiplaats Erf 261, Rayton, 1001, Gauteng
- Gaste dink B&B Bydieboschies het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Donkerhoek Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mooiplaats Erf 261, Rayton, 1001, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom