Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Bungalow

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 48, Yzerfontein, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Beach Bungalow is 'n bekoorlike, wit houthuis net 'n paar meter vanaf die strand. Hiér kan gaste sonbaai en die hele dag op die strand deurbring. Die huis is oorkant Yzerfontein se gewilde 25 km lange strand geleë, spog met 'n see-uitsig vanaf die leefarea en is ideaal vir 'n seevakansie saam met vriende of familie. Die huis het sonkrag en batterye, en dus sal gaste nie beurtkrag ervaar nie.

Die pragtige huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed wat vir kinders geskik is. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer is 'n aparte oopplan-eenheid met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met stoele en die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en gratis WiFi.

Die binnebraaikamer het sitplek, 'n uitsig oor die see en stapeldeure wat na 'n sonnige stoep met sonstoele en 'n sambreel lei. Ná 'n dag by die strand kan gaste die sand by die buitestort afspoel.

Die huis is net 'n paar meter vanaf 'n nabygeleë kroeg en restaurant, en die plaaslike bakkery, wat vir heerlike brood, croissants en ontbyt bekend is, is stapafstand vanaf die huis.

Slaapplek

’n Bespreking by Beach Bungalow sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKinderstapelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Beach Bungalow
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kim Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 1

Ligging

  • Kusweg 48, Yzerfontein, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Bungalow het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 48, Yzerfontein, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16a6ead8b1d33407c38b9e0e03f00b6ecfebd26d91b45ba047b0b6f8b8d61002f89543c69e86e0c4388545ba95959a3c0e5f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 48 Beach Road Yzerfontein 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.34146609158 18.161389427973
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem