Beausa Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Beausa Chalets is in Graskop geleë. Besoekers word altyd verras deur die natuurskoon van dié pragtige dorpie in Mpumalanga. Dit is die perfekte wegbreekplekkie vir gaste wat op soek is na verblyf weg van die stad af.

Chalet 1 is 'n selfsorg-chalet met 1 slaapkamer en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof en 'n yskas-vrieskas. Die woonkamer het 'n slaapbank, TV en 'n kaggel. Daar is braaigeriewe op die patio, ideaal vir gaste wat 'n bietjie wil ontspan.

Chalet 2 het beperkte selfsorgfasiliteite, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met stort. Die slaapkamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n TV. Die eenheid het nie braaigeriewe nie.

Die kamers word daagliks skoongemaak (behalwe op Sondae en Christenvakansiedae). Beausa Chalets bied 'n veilige omgewing en onderdakparkeerplek. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Graskop is die toegangspoort tot die Panorama-roete met sy pragtige besienswaardighede, soos die Blyderivier-canyon (die grootste groen canyon in die wêreld), Bourke’s Luck Potholes, God’s Window, Drie Rondawels, en talle watervalle. Dié dorpie bied 'n wonderlike avontuur- en ontspanningsaktiwiteite, dit is perfek vir stadsjapies wat smag na 'n wegbreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Beausa Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false