Beit Zata
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Beit Zata is 'n topvakansiehuis in Elandsbaai met slaapplek vir 6 gaste. Die huis het ’n gedeeltelike see-uitsig en is slegs 150 m van die strand af.
Die huis beskik oor 2 groot slaapkamers met inloop-klerekaste. In die hoofslaapkamer is 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en ‘n enkelbed. Daar is ’n ekstra lang driekwartbed in die leefarea. Die badkamer het 2 wasbakke, stort en toilet en daar is ’n aparte gastetoilet met ’n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n elektriese vierplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas en vrieskas toegerus. In die opwas-area is ’n dubbel-opwasbak, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is ook ‘n wasgoedlyn. Die leefarea het 'n slim-TV met YouTube, maar gaste moet asb. hul eie wagwoorde vir die stroomdienste gebruik. Daar is DStv, maar gaste moet asb hul eie dekodeerder en slim kaart ssambring. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die huis het 'n groot stoep met 'n braaiplek. Daar is oop parkeerplek vir twee motors wat deur ń kamera gemoniteer word. Rook en vape is verbode in die huis, maar word wel op die stoep toegelaat. Dagbesoekers word toegelaat mits vooraf gereël, maar geen troeteldiere word toegelaat nie.
Beit Zata is slegs 'n kort stappie weg van die strand en net 500 m vanaf die hartjie van die dorp waar die hotel, kroeg, restaurante, kafees, koffiewinkel en twee drankwinkels is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Gedeelde dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Freda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Gaste dink Beit Zata het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Elandsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Duinestraat 8, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap