LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Belcharto Barns and Cottages | LekkeSlaap
+12

Belcharto Barns and Cottages

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fischers-straat, Bottelary-pad Stellenbosch Plase, Kaapstad, 7583, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Belcharto Barns and Cottages is geleë op die welbekende wynroete-deel van die Bottelary-pad naby Stellenbosch. Ons bied gerieflike verblyf in hierdie gesogte area, sentraal geleë tussen vele bekende wynlandgoedere, al die bekende paaie en wonderlike doendinge.

Elke kothuis het 2 slaapkamers, 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. 'n Leefarea lei na 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n ketel en ander toebehore. Elke kothuis het 1 badkamer en die kothuis word elke Maandag, Woensdag en Vrydag skoongemaak. Die skoonmaakdiens sluit publieke vakansiedae en Sondae uit. Ons bied tee, koffie, melk en peuselhappies met jou aankoms en daar is 'n TV in die leefarea met M-Net. Ons voorsien verwarmers, komberse en daar is braaigeriewe, 'n patio, 'n skitterende swembad en onderdak-parkeerplek vir jou voertuig. Badhanddoeke en linne word voorsien, maar bring asb. jou eie strandhanddoeke. Gaste kan hul skootrekenaars in die kamers gebruik met gratis WiFi of 'n modem. Die hele perseel is omhein met elektriese bedrading om veiligheid en gemoedsrus vir ons gaste te verseker. Daar is ook te alle tye 'n bestuurder beskikbaar vir noodgevalle. Geen harde musiek nie, want die kothuise is naby mekaar geleë en gaste bly by Belcharto vir die rus en vrede.

Die gang-patio kyk uit oor die swembad en is beskikbaar as 'n onthaalarea vir groot groepe indien vooraf gereël. Belcharto is slegs 14 km vanaf Stellenbosch, 14 km vanaf Tygervallei Sentrum en 8 km vanaf Access City-fabrieksentrum. Daar is baie goeie kruidenierswarewinkels, wasserye en kitskos-restaurante slegs 5 km weg. Daar is 36 wynplase binne 'n 18 km radius vanaf Belcharto en ook uitstekende restaurante vir ontbyt, middagete en aandete.

Aanskou die manjifieke uitsigte oor die wingerde, berge en voëllewe vanaf die kothuis en benut die pragtige stap- en drafroetes deur die wingerde, in die berge en om die damme.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 11 resensies vir Belcharto Barns and Cottages
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Fischers-straat, Bottelary-pad Stellenbosch Plase, Kaapstad, 7583, Wes-Kaap
  • Gaste dink Belcharto Barns and Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fischers-straat, Bottelary-pad Stellenbosch Plase, Kaapstad, 7583, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmMWQ4MWFmLTkxODItNDg1Zi1hYmVlLWFlMjYzZmIxYWExNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 Fischers Road Bottelary Road StellenBosch Farms 7583 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.911616875936 18.759097605811
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!