Bentley Lodge & Lifestyle Centre

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bentley Lodge & Lifestyle Centre is sakpasverblyf in van Berea naby die Warwick-kruising. Dis binne 'n 10 km radius vanaf besienswaardighede soos die Moses Mabhida-stadion, Floridaweg, Musgrave Winkelsentrum, The Pavillion en verskeie strande. Die lodge is geskik vir skoolgroepe, vriende of familie wat die stad se ryk erfenis kom verken.

Verblyf word gebied in 32 standaardkamers en 4 gesinsuites (selfsorg).
Die standaardkamers het óf ’n dubbelbed of 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Die gesinsuites het enkel- en dubbelbeddens en 1 badkamer met ’n stort, wasbak en ’n aparte toilet. Daar is ook ’n toegeruste kombuis.

Elke kamer het ingeboude kaste, ’n platskerm-TV met sekere satellietkanale, badhanddoeke en linne.

'n Volledige buffet-ontbyt, middagete en aandete word gebied aan groepe van 6 gaste of meer en moet met die instansie gereël word wanneer verblyf bespreek word.

Verder is daar ’n gemeenskaplike swembad, ’n kroeg, restaurant, venue om verhuur te word vir konferensies of ander geleenthede. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bentley Lodge & Lifestyle Centre gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]