Berg en Bos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Berg en Bos is in die Magaliesberg-biosfeer, tussen die Olifantsnek- en Buffelspoortdam geleë. Die verblyf bied toegang tot eiesoortige, vreemde rotsformasies, klippe en pragtige uitsigte oor die Pilanesberge. Die Mlabatini-kloof is 'n gewilde rotsklimbestemming.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers op die grondvloer en 1 slaapkamer op die eerste verdieping. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Die badkamer is ingerig met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die slaapkamer op die eerste verdieping het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, toilet en 2 wasbakke.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n groot yskas, stoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook breekware en eetgerei. Ons kan vir gaste wat langer bly 'n huishoudster reël.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en gaste kan hulle eie vermaak, onder meer boeke en bordspeletjies, saambring omdat hier nie TV's of radio's is nie.

Daar is braaigeriewe op die patio. Gaste moet asb. hul eie vuurmaakhout saambring. Daar is ook 'n swembad om in af te koel op warm somerdae.

Daar is goeie selfoonopvangs vir die meeste netwerke.

Verder is daar 'n 1,8 km-lange grondpad. Gaste moet asseblief navraag oor die pad doen voordat hulle bespreek. Voertuie met 'n lae grondvryhoogte is nie ideaal hiervoor nie.

Die omgewing is ongerep en bied baie bome, plante en voëls. Van ons noemenswaardige bure sluit Sparkling Waters Hotel en Spa en die WigWam Hotel en Gholflandgoed in.

Slaapplek

'n Bespreking by Berg en Bos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Berg En Bos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za