Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergsig Eco Estate

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 46 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bergsig Eco Estate is op 'n 340 hektaar-, malariavrye stuk bosveld net 50 kilometer vanaf Bela-Bela, 2 uur se ry van Johannesburg af. Hierdie stukkie ongerepte bosveld is ideaal vir vakansiegangers, gesinne wat wil wegbreek en sakelui wat op soek is na 'n spanbou- of
konferensiebestemming. Die voëllewe is asemrowend, daar is 'n groot verskeidenheid reptiele en insekte en soms wei die wild sommer op 'n mens se drumpel.

Die pragtige fauna en flora word omraam deur die Hoekberge en skep 'n ideale agtergrond vir luukse akkommodasie met 'n bosveldtema. Bergsig Eco Estate voorsien etes, maar selfsorgverblyf is ook beskikbaar in die lodge, chalets, groep-akkommodasie en Bunduhutte.

Die landgoed het ook eksklusiewe konferensiegeriewe met plek vir 160 afgevaardigdes en die kombinasie van die lewendige bosveld-atmosfeer en moderne geriewe maak dit die ideale keuse vir korporatiewe funksies, werkwinkels, bosberade en spanbousessies.

Die pragtige trou-venue is natuurlik ideaal vir droomtroues en die amfiteater rond die prentjie mooi af. Fotograwe wandel gewoonlik droomverlore rond tussen die wild wat in die bosveld staan en wei. Troues word gehou by die amfiteater en die konferensiesaal langs die hooflodge.

Verskeie aktiwiteite (binnemuurs en buitemuurs) is beskikbaar vir diegene wat spanbousessies wil
hou - dit is ideaal vir klein en groot groepe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 66 resensies vir Bergsig Eco Estate
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Jaar gelys 10

Ligging

  • Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Bergsig Eco Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANnm5LnRnvhiZEVcMTc2PQHpwyOMGn9CrgcbVLgASnBSpbLw1Ib?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4) 66 5 1 5 Portion 2 Vingerkraal Farm 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -24.729673473393 27.951563679642
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem