Beryl1 Guest House
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beryllaan 1, Flamwood, Klerksdorp, 2572, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R780 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beryl1 Guest House bied luukse kamers met 2 enkelbeddens of 1 koningingrootte-bed in Flamwood wat 'n rustige en moderne woonbuurt in Klerksdorp, Noordwes is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer (slegs stort), TV met DStv-kanale en 'n kombuisie met 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die kamers is skoon en gemaklik. Geen geraas word toegelaat nie. Elke kamer het 'n privaat ingang van buite af. Linne en handdoeke word voorsien.
Vyf kamers (enkel/dubbel) en een gesinskamer is beskikbaar. Die kamers is geskik vir sakereisigers of gesinne. Daar is veilige parkeerplek onderdak beskikbaar vir al die gaste. Die perseel het elektriese omheining en 'n afstandbeheerde hek. Daar mag nie in die kamers gerook word nie. Rook gerus in die tuin se rook-area. Braaigeriewe is beskikbaar. Gaste kan buite in die skaduryke tuin ontspan.
Heerlike ontbyt word in die eetkamer bedien. (Ontbyt kan ook met kamerdiens bestel word.) Aandetes kan bespreek word. Wasgoeddienste is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die gastehuis is 1,3 km vanaf die B12 en naby die hospitale, restaurante, skole en inkopiesentrums. Gaste kan uitstappies met hulle eie voertuie na 'n wildreservaat (20 km van die gastehuis) onderneem. Stilfontein, Orkney, Potchefstroom en Bothaville is onderskeidelik 7 km, 15 km, 40 km en 60 km weg.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Ligging
- Beryllaan 1, Flamwood, Klerksdorp, 2572, Noordwes
- Gaste dink Beryl1 Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Flamwood Klerksdorp Noordwes
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beryllaan 1, Flamwood, Klerksdorp, 2572, Noordwes
- Alle ouderdomme is welkom