Willowmore Akkommodasie by Bhejane Game Reserve | LekkeSlaap
+41
+41

Bhejane Game Reserve

20 resensies
Wildsplaas
  • Vanaf R310 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bhejane Game Reserve, Willowmore, Steytlerville, 6445, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Bhejane Game Reserve is versteek in die prentjiemooi Grootriviervallei. Dit is halfpad tussen Steytlerville en Willowmore, aan die westelike kant van die Oos-Kaap. Die wildreservaat is net noord van die Baviaanskloof en bied aan gaste 'n ware bosveld-ervaring.

Verblyf word aangebied in 2 luukse rivier-chalets, 1 Bhejane boskamp, 1 Bhejane lodge en 2 kampeerplekke. Die luukse rivier-chalets is op die rivieroewer geleë en is dus 'n uitstekende keuse vir diegene wat belangstel in varswater-visvang. Die Bhejane lodge is na aan die lapa, kroeg en swembad en bied uitstekende uitsigte oor die Grootrivierberge. Die kampeerplek bestaan uit 'n groepie permatente wat onder die blaredak van die hoë doringbome versteek is.

Al ons eenhede is geskik vir selfsorg en elkeen word eksklusief verhuur, wat volkome privaatheid verseker.

Ekstra geriewe op die perseel sluit 'n braai-area, swembad, landingstrook, winkeltjie en veilige parkeerplek in. Doendinge sluit begeleide voetslaanroetes, voëlkyk en wildritte in.

Let asseblief daarop dat daar 'n rowwe gruispad op pad na die wildreservaat is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 20 resensies vir Bhejane Game Reserve
Netheid
4.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Bhejane Game Reserve, Willowmore, Steytlerville, 6445, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bhejane Game Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R310
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R310
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R310
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bhejane Game Reserve, Willowmore, Steytlerville, 6445, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQxZmY5NjYwLTdiZmItNDYzYy1iOWU1LWU0YWQ0NGIyMWEwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R310  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 Bhejane Game Reserve Willowmore 6445 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.194832573658 23.921324901581
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za