Biekierus Selfsorg Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Biekierus Selfsorg Akkommodasie is op 'n kleinhoewe in die hartjie van Potchefstroom geleë. Dit bied gerieflike en bekostigbare verblyf.

Gaste kan kies tussen Die Shack, My Huisie, My Nessie, Die Herberg wat 4 gastekamers het en 2 spankamers, die Boomhuis of die kampeerplekke.

Die Shack is 'n kamer vir rugsakreisigers en dit is ingerig met 'n dubbel- en 'n enkelbed. Die eenheid maak gebruik van ablusiegeriewe.

My Huisie is 'n luukse kothuis met 'n kombuis en sitkamer. My Nessie is verbind aan die hoofhuis en dit het 'n privaat ingang. Die Herberg is 'n stoorhuis met 4 gastekamers met en suite-badkamers asook 2 spankamers. Ideaal vir groot gesinne of spanne met hul spanbestuurders. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die Boomhuis is 'n eenheid met 2 slaapkamers en dit is ideaal vir 'n gesin of ouers wat by hul kinders op universiteit kom kuier. Gaste kan ook 1 van die 6 kampeerplekke bespreek. Hulle deel die gebruik van 'n ablusiegeriewe en 'n boma.

Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Braaigeriewe is by al die eenhede beskikbaar en gaste het ook gebruik van die boma en swembad. Parkeerplek is beskikbaar.

Biekierus Selfsorg Akkommodasie is 1 km van Pick n Pay en 5 km van die Noordwes-Universiteit en verskeie skole af geleë. Potchefstroom bied 'n verskeidenheid besienswaardighede, restaurante, winkels en museums.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Biekierus Selfsorg Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za