Bikini Bottom
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Bikini Bottom is 'n asemrowende vakansiehuis wat heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in die skilderagtige dorpie Jacobsbaai. Die huis bied maklike toegang tot die strand en dien as die ideale bestemming vir 'n gesin wat uit die stadsgedruis wil ontsnap.
Die smaakvol gemeubileerde huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer lei direk na die stoep en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die vierde slaapkamer het 'n privaat ingang en 'n dubbelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook 'n yskassie, ketel en 'n mikrogolf. Daar is ook TV's in al die slaapkamers.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV en ingeboude braaigeriewe.
Die leefarea lei na 'n stoep met ingeboude braaigeriewe, 'n buite-etenstafel, sonstoele en 'n verhitte swembad. Daar is ook 'n houtvuur-warmbad. Die huis spog met 'n tweede kuierarea op die dak, waar daar draagbare braaigeriewe en genoeg sitplek is.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Gaste dink Bikini Bottom het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom