BillsBest Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BillsBest Beach House is 'n lieflike selfsorgstrandhuis in 'n tropiese tuin omgewing en bied 'n pragtige uitsig oor die stradmeer en Ramsgate se bekende Blouvlag-hoofstrand. Gaste hoef net 150 m op die pragtige wandelpaadjie langs die lieflike strandmeer tot op die strand te stap.

Dié strandhuis het slaapplek vir 11 gaste, 8 volwassenes en 3 kinders, en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en een van hierdie kamers skakel met die eerste slaapkamer. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Die eerste badkamer is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n handstort en die derde badkamer het 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n groot yskas met 'n aparte vriesgedeelte, 'n mikrogolfoond, stoof, oond en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het 'n groot eetkamertafel met stoele, 'n enkelbed en 'n plafonwaaier. Die sitkamer het 'n plafonwaaier, TV met 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder, kabels, afstandbeheer en slimkaart saambring. Die leefarea bied toegang tot 'n ruim onderdakpatio met meubels en 'n tuin met 'n swembad en 'n ingeboude braai.

Daar is 'n veiligheidstelsel, kluis en twee toesluitmotorhuise. Klein troeteldiere word toegelaat, mits vooraf reëlings getref is.

Slaapplek

'n Bespreking by BillsBest Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BillsBest Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (plek vir )

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za