Bishop's View

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 9 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

As jy die vensters oopmaak kan jy amper die see proe! Bishop's View is 'n luukse selfsorg-villa in die hartjie van Kalkbaai. Dié bekoorlike vissersdorpie is aan die kus van Valsbaai geleë en staan bekend vir sy kleurryke hawe, klipstraatjies en kunstige atmosfeer. Dis werklik een van die Wes-Kaap se juwele. Kom bly hier en wandel na een van die byderwetse restaurante, winkels of kroeë of geniet eenvoudig die ongelooflike uitsigte vanuit die pragtige sitkamer met 'n skemerkelkie in die hand.

Bishop's View is deur die bekroonde argitek, Macio Miszewski ontwerp. Die villa spog met 4 ruim slaapkamers wat elkeen beskik oor satelliet-TV. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad en 'n stort, 180°-uitsigte oor die see en toegang tot 2 balkonne. Die tweede slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-stort en toegang tot 'n veranda. Die derde slaapkamer het weer 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad en stort en toegang tot 'n veranda. Die vierde slaapkamer bied 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-stort en toegang tot die onderste dek.

Bishop's View se sitkamer- en eetkamerarea is enige sosiale vlinder se droom. Die villa het ook 'n topklas-kombuis en die hout- en glas-ateljee vir joga wat verder tot die huis se rustige atmosfeer bydra. Bishop's View is die toppunt van moderne elegansie. Ontspan op die balkon en kyk hoe die jongspan in die parkie oorkant die pad speel of kyk uit vir visserskuite wat terugkeer na die hawe en gaan koop vars vis van die boot af.

Slaapplek

'n Bespreking by Bishop's View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bishop's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 R3 200 per nag (vir 8 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 9 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]