Black Leopard Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Black Leopard Camp is in die malaria-vrye Thaba Tholo Wildernis van 6000 hektaar geleë en dit is die tuiste van 'n verskeidenheid soogdiere, voëls en flora. Die luukse bostent-lodge word besit en bestuur deur Alan, Lynsey en die bestuurspan wat daarna uitsien om gaste by hierdie unieke lodge en ligging te verwelkom. Kom geniet 'n verwelkomingsdrankie op die swembad-dek met die kabbelende stroompie onder jou en 'n rotswand wat 500 m bo jou uitstrek.

Aandag aan detail is aan die orde van die dag hier en soos gaste hulself tuismaak in ons luukse tent-eenhede kan hulle die heel beste nagrus verwag op ons koninggrootte-beddens! Elke eenheid is en suite met 'n wonderlike buite-badkamer met 'n stort en 'n Victoriaanse bad met bal-en-klou-detail. Geniet 'n glasie wyn, week in die bad en vergeet van die alledaagse bekommernisse en gejaag terwyl jy die pragtige uitsigte geniet.

Ons is trots self-volhoubaar en genereer ons eie elektrisiteit, water en vullisverwydering. Daar is tweepunt-muurproppe in die kamers vir selfoonlaaiers, skootrekenaars en kameras. Los die haardroër eerder by die huis, maar indien gaste dit regtig nodig het, is daar 'n area beskikbaar om hare droog te blaas, maar slegs met die tye wat ons die kragopwekker aansit.

Geniet 'n wildrit of 'n wandeling in die bos en leer oor ons eko-stelsel as 'n geheel onder die leiding van ons ervare gidse. Leer meer oor ons luiperd-navorsingsprogram en hou jou oë oop vir hierdie pragtige, dog skugter, diere.

Wanneer ons sê dat gaste by Black Leopard Camp so tuis soos by hul eie huis sal voel, bedoel ons dit en gaste sal definitief deel van die familie voel wanneer hulle hier vertrek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Black Leopard Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 050 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za