Bleshoender Accommodation
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Bleshoender Accommodation is 'n selfsorg-eenheid in Sedgefield, die hartjie van die Tuinroete. Dit is 25 km vanaf Knysna, en 35 km vanaf George. Dit is die ideale basis vanwaar mens die Tuinroete kan verken. Binne 'n uur of minder kan jy Mosselbaai, Hartenbos, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, Buffelsbaai, Brenton-on-sea, Wilderniss, Victoriabaai, Heroldsbaai, Groot Brak rivier, Klein Brak rivier of Glentana bereik. Stormsrivier is net 110 km weg met die wêreld se hoogste rekspringbrug vir die dappers van hart. Of probeer die langste ritsrit oor die see by Mosselbaai.
Gerieflike verblyf word gebied vir 2 - 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders, in 'n woonstel onder die hoof privaat woning. Dit beskik oor 'n dubbelbed en 'n dubbelbedslaapbank in die sitkamer. Gaste moet hul eie lakens, kussingslope en strandhanddoeke saambring. Badhanddoeke, kussings en komberse sal voorsien word.
Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, broodrooster en toebroodjie-rooster asook 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie. Die badkamer is toegerus met 'n groot stort. Daar is WiFi-internettoegang en 'n TV met die volledige DStv-ruiker vir jou kykgenot.
Skottelgoed moet in die buite wasbak gedoen word aangesien daar geen fasiliteit of spasie beskikbaar is in die woonstel nie.
Omdat die eenheid in 'n panhandvatsel geleë is, is daar geen veilige plek vir klein kinders om te speel nie, want die omgewing is in vlakke en die oprit is baie steil. Kinders moet deurentyd onder toesig wees.
Daar is 'n buitebraai-gerief voor die woonstel. Ons spyt, geen parkering is beskikbaar vir sleepwaens, bote, woonwaens of 'n ekstra voertuig nie.
Die instansie is in die heerlike dorpie Sedgefield met die mooiste uitsigte, baie stil en omring deur voëls van alle soorte. Dit is binne 'n radius van 1,5 tot 2 km vanaf 'n paar pragtige strande, die strandmeer en winkels. Op 'n naweek is die bekende Wild Oats-, Mosaïek- en Scarab-markte oop en mense reis elke Saterdag uit alle omgewings om hierdie markte te kom geniet.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Gaste dink Bleshoender Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sedgefield Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bleshoenderstraat 71, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang