+85

Blouberg Manor Boutique Hotel

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Verkouteren Crescent, Bloubergstrand, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Dié verblyf is op die pragtige strandfront van Bloubergstrand in Kaapstad geleë en dis net 40 m van Big Bay se lieflike swemstrande af. Blouberg Manor bied professionele en vriendelike diens, unieke en gerieflike akkommodasie, smullekker etes, ongelooflike see-uitsigte en uitsigte op Robbeneiland en Tafelberg.

Blouberg Manor se 11 suites is individueel ontwerp en ingerig om verskillende kulturele ervarings in Kaapstad te verteenwoordig. Al die kamers is en suite met storte behalwe vir 2 kamers wat 'n bad en 'n stort het. Die ander kamergeriewe sluit in: 'n platskerm-TV met satelliet-TV, WiFi, 'n telefoon en kluise in die kamers.

As jy jou suite verlaat sal jy selfs nog meer sien om jouself in te verlustig. Skop jou dag af met 'n smullekker ontbyt terwyl jy oor die strand uitkyk, of geniet 'n mengeldrankie en 'n ligte middagete langs die swembad! As jy wil, kan jy ook gebruik maak van Blouberg Manor se konferensiegeriewe, 'n privaat raadskamer met 12 sitplekke. Daar is 'n spa vir masserings, gesigbehandelings, 'n lyfbehandeling ("wrap") of skoonheidsterapie. Daar is WiFi regdeur die herehuis, buiten al die ander geriewe.

Blouberg Manor is trots op die persoonlike, professionele diens wat ons lewer. Dit maak nie saak wat jou versoek is nie, Blouberg Manor staan gereed om jou by te staan met 'n hele rits konferensiegeriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.3
Diens
3.4
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Erick N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lek rustag. Baie lekker gebly, vriendelike mense, baie stil en rustag.
Sep 2025
Heinrich W
Gesin met tieners
5.0
Lekker rustig, stil; loopafstand van die see, winkelsentrum en eetplekke. Baie lekker; verkeerdelik aangeneem dat eetkamer geriewe aktief is, maar gee...
Sien meer
Jul 2025
Nina J
Saam met vriende
5.0
Baie mooi, modern en skoon. Fantastiese blyplek en baie lekker, sentraal.
Apr 2025
Hannelene J
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Alles was perfek. Die personeel was vriendelik. Ek het dit baie geniet.
Apr 2025
Vivia J
Saam met vriende
5.0
Blouberg verras met puik diens. Die verblyf was heerlik. Op aanvraag kon jy 'n heerlike ontbyt geniet deur 'n vriendelike kok. Puik geleë, reg op die ...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 6 Verkouteren Crescent, Bloubergstrand, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blouberg Manor Boutique Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Verkouteren Crescent, Bloubergstrand, Cape Town, 7441, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACjuL1a0b63CCtVix9KJDgDCzvHtWCzEEbs39ty5np3vN9PFIks?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 49 5 1 4 6 Verkouteren Crescent Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.794351 18.458002

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang