Blue Door Self-Catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

Ons is ongeveer 150 km suid van Durban geleë, in die pragtige kusdorpie Ramsgate, aan die suidkus van KwaZulu-Natal.

Blou Door is geskik vir 2 volwassenes en is die ideale verblyf vir natuurliefhebbers. Geniet 'n stil, ontspanne vakansie, en geniet die klank en reuk van die see. Vanuit die gerief van jou bed kan jy die dolfyne wat op die branders ry, of die walvisse wat strome water in die lug opblaas, dophou.

Die oopplan-woonstel is toegerus met 'n koningingrootte-bed, plafonwaaier en klein sitkamerarea met 'n ten volle toegeruste kombuisie met 'n yskas, tweeplaatstoof/oond, mikrogolfoond en ander toebehore. 'n Platskerm-TV met die Easy View-program word voorsien, Die moderne en suite-badkamer het 'n groot instapstort. Ons het boorgatwater en is dus nie afhanklik van munisipale water nie. Rook word nie toegelaat in die eenheid nie.

Die woonstel is ten volle toegerus met 'n alarm, asook 'n eie ingang en toesluitmotorhuis. Die privaat, gemeubileerde sondek het trappe wat na onder lei na die braaigeriewe, gedeelde swembad en tuin.

Stap deur die subtropiese tuin, en binne 50 m sal jy jou op 'n pragtige, stil strand bevind waar jy van die rotse af kan visvang.

* Stap of neem 'n kort rit per motor na die veilige swemstrande
* Verken ons pragtige kuslyn-wandelpad
* Top-restaurante binne 'n loopafstand van 5 minute
* 8 PGA-toegekende gholfbane binne maklike bereik.

Behalwe die natuurlike wildlewe soos die blouapies, af en toe 'n likkewaan, verskeie voëlspesies, en ander klein kreatuurtjies, is daar 2 huiskatte wat dit geniet om by die tuindammetjie rond te lê. Ons kan dus nie troeteldiere toelaat nie.

Gaste moet hulle eie handdoeke, haardroër, kos en toiletware voorsien. Geen kinders onder 18 jaar word toegelaat nie.

VUURWERKE IS STRENG VERBODE!

Slaapplek

'n Bespreking by Blue Door Self-Catering Accommodation sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Grieks

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Door Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R480 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af. Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za