Blue Pearl Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Pearl Cottages is in Umhlanga, Durban, en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dis naby die Gateway Theatre of Shopping wat verskeie winkels en restaurante het, asook die strand, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf word in 2 kothuise op 'n residensiële perseel gebied. Butterfly Cottage het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n TV met DStv en gratis WiFi. Dié kothuis het ook 'n lieflike, tropiese tuin waar gaste kan ontspan en braai.

Dragonfly Cottage is 'n oopplan-eenheid met laserstraalsekuriteit en 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. 'n TV met DStv en WiFi is beskikbaar. Dié eenheid het ook 'n privaat, tropiese tuin met braaigeriewe.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Pearl Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za