LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blue Space Beach House | LekkeSlaap
+24

Blue Space Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisherlaan 228 , Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Blue Space Beach House in ‘n unieke 12 meter grootte houerhuis met ‘n lieflike see-uitsig. Dié selfsorghuis het slaapplek vir 6 en is oorkant die strand in Pumula aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die eienaars woon op die perseel.

Dié blou skeepshouer is in ‘n blou en geel oopplan-vakansiehuis met 2 en suite-kamers, kombuis en leefarea omskep. Elke kamer het ‘n dubbelbed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort. Daar is 'n stapelbed in die leefarea wat ideaal is vir 2 kinders.

Die kombuis is toegerus met ‘n gasstoof, oond, yskas en mikrogolf. Die leefarea het 'n TV. Daar is 2 Franse deure wat na die stoep lei vanwaar gaste ‘n lieflike see-uitsig kan geniet. Gaste kan in die hangmat ontspan, hul verkykers saambring om dolfyne en walvisse te kyk en braai. Daar is ook ‘n vuurput.

Water word deur gas verwarm. Linne, ekstra komberse en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. ‘n Skoonmaakdiens is teen ‘n ekstra daaglikse koste beskikbaar. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie op die perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie, aangesien die eienaar se troeteldiere op die perseel woon. Daar is 'n klein speelgrond op die eiendom.

Daar is 2 paadjies wat na die strand lei waar gaste kan visvang, branderplankry en swem. Daar is ook ‘n natuurlike rotspoel wat die kinders kan verken. KwaZulu-Natalse Suidkus staan as die Hibiskuskus bekend en die naaste winkels aan Blue Space Beach House is in Hibberdene, wat sowat 11 km ver is.

Slaapplek

’n Bespreking by Blue Space Beach House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kingfisherlaan 228 , Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kingfisherlaan 228 , Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAora9s0N9pkvQ0r9N4y6dEpKO27Sb4xzbhySJdtcgozxZTT7nfZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 6) 228 Kingfisher Lane Pumula 4235 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -30.641887847147 30.532846962852
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!